Saterdagoggend en die oë sukkel om oop te maak. Dit voel wraggies of Joe Frazier albei my oë toe gefoeter het en bo-daarop voel dit of my tong teen my verhemelte vas gegom is.
Gisteraand was maar net die begin van die naweek so hoe gaan ek nie Sondagoggend voel nie.
De Hoek (op pad na die Swartberg pas, paar km buite Oudtshoorn) waar meeste van die gaste gebly het is koud…leeu koud. Die berge om ons is toe onder die sneeu en persoonlik het ek lanklaas soveel sneeu op die Swartberge gesien.
Kobus se Gat, waar die onthaal gaan wees, is nog hoër teen die pas op so hier gaan ons moet hard gesellig wees as ons nie van die koue wil vrek nie.
So net na 3pm Saterdagmiddag staan 7 van ons (ek, Brill en 5 ander strooijonkers) voor die kansel in die kerkie net buite Oudtshoorn. Margo het ou Francois nie teleurgestel nie en kort voor lank het sy haar verskyning gemaak in hul einste “vla wa” (ou Mercedes Bence wat Francois restoureer het).
Die offisiële verrigtinge het klokslag verloop en kort voor lang was die hele spulletjie op pad Kobus se Gat toe vir ’n regte egte Karoo makietie.
Was al paar keer by Kobus se bekende restaurant en moet sê toe ek sien wat die spannetjie gedoen het met die plek was ek regtig verras gewees. ’n Regte egte Karoo troue!
Die ysreën van vroeër was iets van die verlede en Francois en Margo se groot dag was geseënd met “open skies”.
Die bruidspaar het nie die gaste laat wag met ’n lang foto sessie nie en kort voor lank het die onthaal afgeskop.
Kobus en sy span het nie teleurgesteld met sy bekende spyskaart nie en dit is min dat jy sien dat mense nie al die kos kan opeet by ’n troue nie – so baie was daar.
Dit was ’n kuier vir die boeke…die gedeeltes wat ek kan onthou. Hahaha.
Ek weet wel dat Sondagoggend het dit gevoel of Joe Frazier nie net my oë toe geslaan het nie, maar dalk my hele bleddie kop van my lyf af gefoeter het so sleg het ek gevoel.
Francois & Margo: BAIE geluk en ek hoop jul bring tonne vreugde vir mekaar. Geniet die avontuur vorentoe en asb Margo moet nie daai maandelikse “I will be Francois friend” cheque laat staak nie…haha.
Kliek hier vir meer foto’s.