Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

M se vroeër verjaarsdag partytjie

Omrede M se verjaarsdag eers 23 Desember is kan sy nooit ‘n verjaarsdag partytjie hou nie want meeste van die mense is weg met vakansie.

Sy reël so baie ander se partytjies en diè dat sy nog nooit haar eie gehad het nie, het ek besluit om die bordjies te verhang met ‘n verrassingspartytjie by ons huis in Somerset Wes.

Na ‘n maand se beplanning is die groot dag uiteindelik op ons, maar meer op M…sonder dat sy werklikwaar daarvan weet.

Volgens haar gaan sy saam met ‘n paar van die girls na ‘n oggendete en daarna na ‘n ander tipe kuiertjie waar daar geleer gaan word hoe om te paal-dans…gee ons net krag.

Na oggendete sal Rene (wat die uitstappie gereël het) dan al die dames blinddoek want hulle moet GLO nie weet waar hulle toe gaan vir die paal-dans klasse nie…whahaha.

09h15 en ‘n vrag giggelende girls is uit en weg en ek begin rondhol soos ‘n mal wetter om alles reg te kry. Paar van die ouens kom vroeër om te help en dit gee my kans om gou winkels toe te skiet vir ys en die platters.

Terug by die huis en die gazebo is op en die plek is versier met ballonne…wil net noem dat die nie ons growwe ouens is wat daai ballonne op geblaas het nie…moes ‘n misterieuse party groep gewees het.

Die weer was definitief aan ons kant en gelukkig het die Suidooster die oggend besluit om bietjie te gaan lê.

Stadig maar seker word die plekkie vol met mense. Party breek die swembad af terwyl ander die sonnetjie geniet met ‘n ietsie kouds in die hand.

13h00 en 90% van die gaste is daar. Christo laat Rene weet dat alles reg is so hulle kan maar kom.

Nee wat hulle het nou in die cocktails in gevaar en sal so bietjie later eers kom.

Rene kry dit oor haar moed om nie NOG cocktails te bestel nie en almal word geblinddoek en dan is hulle oppad na hulle kamma paal-dans klas toe…of dit is net eintlik M wat so gedink het…whahaha…jammer dat ek so lag, maar dit is eintlik vrek snaaks.

Teken kom deur die karre is hier. Rene gaan haar by die onderste hek by die swembad inbring en walla, dan sal ons daar staan.

Kar kom af gery en almal neem plekke in. Die hek word oop gemaak en Rene help glo al die geblinddoek dames (net M want die ander het hulle sin al lankal af gehaal) uit die voertuig. Net voor M deur die hek kom, kom al die dames eers deur en join die res van die spannetjie by die swembad.

Toe M deur stap ruk Rene haar blinddoek af…

SURPRISE!!!

Dit is NET DAAR wat ek dog M kry ‘n hartaanval. Sy bokspring en gryp na Rene en lyk of sy nou net ‘n spook gesien het. Die trane (seker van skok) lê vlak en aai, sy het van NIKS geweet nie!!

Aaai laat ek tog die arme dingetjie kalmeer – terwyl ek haar vashou kan ek voel hoe haar lyfie bewe van die skok.

Almal wens haar geluk en mens kan boeke skryf oor die smile op haar bakkies. “Mission accomplished”.

Kom ons PARTY!!

En aai was dit nie ‘n lekker kuier gewees nie. Altyd lekker om mens se vrinne by ‘n kuiertjie te he en net die hare kan teruggooi en ontspan.

‘n GROOT DANKIE aan almal, veral Rene wat gehelp het met die reëlings, maar ook vir almal wat daar was.

So baie ander het verskonings gehad hoekom en waarom nie en ek het net besluit as hulle nie hierdie dag saam met M wil geniet nie gaan ek nie gatte lek nie.

Baie dankie vir al haar geskenkies en ek mag glo GLAD nie naby aan die goed kom nie.

Hoop jy het jou dag sommer baie geniet gogga. Onthou julle haar eintlike bday is eers die 23st Desember.

Weereens DANKIE aan almal wat daar was.

Leave a comment