Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Kamp by Rivierplaas

Rivierplaas

Vrydagmiddag en boeta is so opgewonde soos ’n mechanic in Boksburg toe hy die volgepakte Cruiser sien. Die knapie het weet dit is weer ’n kamp naweek wat voorlê.

Vinnige pit stop in Paarl om Marli & Nicola te kry en dan is alles en almal in en reg vir die kort trippie deur die berg na Rivierplaas.

Rivierplaas is ±25km buite Worcester in die Scherpenheuwel area, aan die oewer van die Breede river. Behalwe vir die bestuurder (ek dink die poepol was die bestuurder) wat ’n regte idioot was, is dit ’n lekker naweek wegbreek plek veral vir kinders want in die somer is alles wat leef en beef in die water.

Ons was ’n lekker fris spannetjie vir die naweek: ek, Marli, Jean, Ruan, Abrie, Annerie, Kean, Paul, Marina, Tessa, Bloues, Leanne & Karel.

Tonne sjoeps, vlotte, kajakke en natuurlik ’n alombekende foefieslide is genoeg redes om meeste van die dae in die water te spandeer. Vir die twee kinders was dit hemel gewees en elke middag was dit ’n storie om hul daaruit te kry.

Saans as die son sy strale gebêre het, dat word daar vuur gemaak asof die einde van die wêreld om die draai is. ’n Baie interessante stukkie statistiek is dat Mnr Laas (meneer ek kuier jou plat) nou al die tweede kamp ’n vinnige exit tent toegemaak het. Wil voorkom of die knaap my gewoontes nou begin aanleer het…sies kwagga.

Saterdag het die spannetjie bietjie kleiner geraak met die dat Paul-hulle (op melk diens) & Bloue (bachelors) moes teruggaan.

Leanne (Bloues se vrou) het wel agtergebly en die sou sommer saam met ons ’n lift terug plaas toe gekry het. Oe ee ee, was dit nie nou ’n storie om daai Cruiser te pak met DRIE vrouens & 1 kind se gear nie. Toe daai Cruiser VOL was toe is daar nog ’n enkelbed & kinder matras wat op die grond lê, gelukkig het ek en ou Ruan puzzle bou kompetisies in die laerskool gewen en met die dat daar nie meer kan in nie sal dit maar bo-op moet kom.

Soos ons deur Worcester gekry het, het die ooms & tannies gestop en staar…#GoeieTye

Dankie vir al die reëlings Marli. So waar is die volgende ene?

Kliek hier vir meer foto’s.

Leave a comment