Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

LCCSA outing na Hammelhoek

Hammelhoek

Vrydagoggend en die reën sak hard neer oor Wellington. Ons gaan nie kan wag tot dit gaan ophou nie, want soos dit nou aangaan kan dit eers môre ook wees. Help Ruan op die dakrak en die laaste hout sakke word maar in die reën vasgemaak.

Jean is nou al soos ’n meerkat op steroïedes en al wat die knaap wil doen is kamp!

Paar minute later suiker ons teen Bainskloof pas uit en voor ons ons oë uitvee stop ons voor Ceres se Spur. Die griep wetter wil my net nie los nie so voor ek ’n paar koues kan geniet by die Tankwa Padstal met die verkoue medisyne (seker nie heeltemal reg om die saam te gebruik nie) moet ek eers ’n “linertjie” opbou, anders gaan Tigger dalk veld toe wil hol so sonder my wete…:-)

By die Sutherland afdraai (na regs) is die wêreld droog. Daar is tekens dat daar wel bietjie water geval het vroeër die week, maar heeltemal anders as wat ons nou net deur was.

Oom Deon se Bokwa het reeds by die Padstal gestaan toe ons daar inwals. Blad word geskud en Wally (eienaar) gly die eerste rondte koues oor die counter. Hier kan mens maklik vashaak, so toe die bier na brannas verander het, was dit die teken dat ons moet aansuiker.

Met die uitstap stop Heinrich & Manie op hul 2 wiel ysters. Die moet seker ook dieselfde dors probleem as ons gehad het. Wonderbaarlike oases hier in die middel van nêrens…

By Hammelhoek se afdraai word die radio comms sommer baie aktief soos daar bespreek word wie die 6 hekke moet oopmaak en of dit toegemaak moet word.

Donker wolke wou maar net nie weg die Vrydagaand nie, maar dit het niemand se gees vir ’n lekker kuier gesloer nie. Die griep & sinus wetter het nog my verdomde neus beset so het maar dit rustig gevat. Trevor het laat loop met die stories en die gees om die vuur was hoog.

Saterdagoggend en daar is geen sprake van Vrydag se wolke nie. Die son is uit en die vuur kry sommer gou weer lewe.

Met die dat Trevor ’n track log wil doen vir die 4×4 roete op die plaas besluit 2 van ons, Johan + vrag vol knape & ek, om saam die roete te doen. Die Karoo is groen en hoe hoër ons gaan hoe mooier raak die views.

Jean & Pierre (Trevor se 3 jarige) het mekaar plat gespeel die heeldag. As die een in ’n rigting inskiet, kan jy maar seker wees die ander een is kort op sy ses.

Terug by kamp en die spannetjie het groter geraak met die aankoms van Jos, Vernon, Riaan, Frik, LJ & Jacques-hulle. Tyres (Johann) was aan die stuur van 2 potte met Ruan as sy vuur stoker en met Riaan, Frik & Vernon in die geselskap het die kuiertjie vinnig begin vlam vat.

Jean & Pierre was gou-gou uit so daar kon nou ten volle gefokus word op die geselligheid langs die vuur…

Sondagoggend en dit is tyd om huiswaarts te staan. Blad word geskud en weereens raak die radio’s besig soos daar bespreek word wie maak hekke oop en toe 

Paar van ons stop by die Padstal vir ’n vinnige burger en biertjie voor ons die laaste 100km Wellington toe aanpak.

Was lekker om al die nuwe & ou gesigte te sien het, en hoop ons sien gou weer. Trevor – dankie vir jou en jou span vir al die reëlings. Jou plek is puik en ons sal definitief weer kom kuier. Was my en Jean se eerste outing saam met LCCSA (Land Cruiser Club South Africa) en hoop ons doen nog vele saam met die manne…

Kliek hier vir meer foto’s.

Leave a comment