Op pad Stellenbsch toe Sondag chat ek en Vicky so lekker oor ons trippie op die Oranjerivier en hoe befok dit was. En nou sit ek hier en wonder hoe de hel ek hierdie trip aan julle kan verduidelik. Hoe kan n mens al die goeie tye, befokte pals (oud & nuut), natuur wat n mens net in die mooie Namibia kan kry en natuurlik memories wat nooit vergeet sal word nie, beskryf? Daar is niks wat dit kan beskryf nie. As ek n woord moet kies wat DALK kan beskryf hoe moer cool die trippie was dan sal dit maar…..uhmmm….laat ek gou sien…..jup, ek sal dan met die woord 34C moet gaan.
Die rit Namibia toe was lank, lank en moer lank gewees. Met voggies wat woes geloop het en elke uur se noodstop vir die toilet het dinge nog langer gevat. Maar n mens leer mos nie, en as jy nou net klaar is met die noodstop dan word die nuutste koue dingetjie uit die cooler box uitgehaal. Dit is n verskriklike wentelbaan waaruit n mens nie kan kom nie. By Springbok was die cooler box weer gestock en almal was reg vir die laaste stretch.
Die Bundi kamp is op die oewer van die Oranjerivier en dit is moeilik om te glo dat so n moer cool plek hier kan bestaan in die middel van die blêddie woestyn. Bundi kamp – sagte groen gras, baie bome wat skadu bied, badkamers wat uit riete gebou is, stunning lapa wat n klip bar (oulike goedjies agter die bar gewerk) inhet en dan natuurlik tonne interessante mense. Gewapen met n ton voggies wat saamgebring is, was ons reg vir een moerse groot avontuur.
Na n lekker kuier die vorige aand het ons vroeg die oggend vertrek na ons launch-plek. Ons het met 2-man rubberbote afgegaan en daarop is al jou kit (klere, drank, drank en nog meer drank). Die 3 gidse het al die kos en admin goed vervoer. Die 4 dae wat ons op die rivier was, was uit die wereld gewees. Daar is op die oewer onder die sterre geslaap, drinking games (Courage) gespeel en gechat tot laat in die aande. Ons groep het bestaan uit ons 10 (ek, Ron, Vicky, Colin, Eduard, Magda, Riana, Madre, Corrien & Karien), dan n spannetjie van Stellenbosch en ook n paar bulletjies van die "Vaal 3 hoek". Ek wens ek kon elke dag op die rivier vir julle beskryf, maar dan gaan hierdie artikel in n kortverhaal ontaard en ek wil julle nou nie na pille toe dryf nie. Ek is ook soortvan bang om name te mention want net-nou vergeet ek dalk ene en dan breek alle hel los. So kom ek stel dit so – ek het tonne nuwe mense wyd en suid ontmoet en het seker een van my beste tye ooit beleef.
31 Des. was ons terug by die Bundi kamp en na n kort uiltjie het die voggies begin vloei. Aaai, mense, dit is mos net die verkeerde kombinasie as jy voggies met goeie geselskap meng. Voor jy jou oë kan uitvee word daar vir lewe en dood gekuier. Een van die groot legendes van die Willeklong familie (Greg) was ook daar gewees en weereens het hy ons soos laaities laat lyk soos hy brandewyn drink. Stellenbosch het ons weereens gewys hoekom Matieland die beste kuiergatte oplewer en het ons beide kere in down-downs gewen.
Toe die klok Nuwejaar slaan was die kamp en alles binne-in klaar op n stasie. Vonkelwyn is gespuit asof almal hierdie moerse vuur probeer doodkry en voor jy jou kan kry word daar gelukgewens aan alles wat leef en beef. Ek dink tot die blêddie Jack Russels is gelukgewens. Die vibe was stunning en daar was lank en voluit gedans (probeer dans). Van die ouens het hulle Willeklong hemde geruil vir die gidse se Bundi hempies, maar ek het maar bly kleef aan myne. Die aand was stunning totdat die twee broers (Dirk & Jan) my beetgekry het en bar toe gesleep het. Daar het ons tequilas gedrink dat ek verby naar gegaan het n paar keer. Daarna….wel….ek weet nie baie van daarna nie en dit is seker ook n goeie teken dat hierdie artikel nou tot n einde moet kom, want alles wat ek nou gaan sê is n lieg, want ek weet niks verder as dit nie. Damn, die lewe is darem tough op ons Afrikaner bulletjies.
Mensies, hierdie is n moet as jy hou van avontuur. Jy hoef nie n groot groep te wees nie, want pals sal jy maklik daai kant ontmoet. As julle enige info oor die trippie soek kan julle Paul van Bundi kontak. Alles oor die Oranjerivier trips en wat hulle bied is op hulle website (www.bundi.co.za). So sit nou jou blêddie koerant neer en gaan check hulle site uit. Willeklong sal definitief weer sy voete daar sit en hoop om julle stoutgatte ook daar te sien.
En dan, vir al die mense wat die trip saam met ons gedoen het, wil ek net sê: "Thanks vir n moer cool trippie. Julle almal was stunning gewees. Gaan check die fotos uit in die Foto Gallery en, as jy jouself daar sien, stuur die foto se naam en ook jou naam sodat ek die foto clips kan update. Laat dit juig en onthou om die blink kant hoog te hou".
Bliksem dit was nou nice gewees…..