Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Rock festival by Hangklip Hotel

Vroeg Vrydagoggend skakel ou Greg my om uit te vind of ons Willeklong stoutgatte na die Rock festival by Hangklip hotel toe gaan. Wel ons het eintlik op ‘n rustige naweekie staat gemaak, maar met sulke nuus hoe de hel kan ons nou nie gaan nie.

Saterdag so net na middag ete skiet die Isuzu bakkie weereens na nog ‘n fees/festival. Dit was net ek (Henry) en Colin, want Vicky en Ron het ander verpligtinge gehad wat hulle moes nakom. Met net ‘n Willeklong hemp, paar sente in die sak en ‘n slaapsak het ons die kronkelende pad Hangklip toe aan gepak.

Dit was ons eerste keer by die plekkie en ek moet herken dat dit nogals ‘n moer nice venue was. Hulle het so bush bar langs die hotel, waar hulle die stage op gestel was. Soos twee skaam bliksempies het ons maar eers verkening gedoen om mooi te sien waar de hel ons onsself nou weer bevind het. Maar toe ons daai eerste koppie Polisiewater (brandewyn en coke) af slaan toe is Willeklong weer op volle vaart.

Daar was nie tonne mense gewees nie, maar net genoeg om ‘n moerse nice vibe te skep. Die lineup was nogals moer cool – Black India, Isolasiehare, Bed on Bricks, Karen Zoid (<a href="http://www.karenzoid.co.za" target=’_blank’ class=’commentLink’>www.karenzoid.co.za</a>) en die aand was af gesluit met Southern Gypsey Queen (<a href="http://www.sgq.co.za" target=’_blank’ class=’commentLink’>www.sgq.co.za</a>). Nie een van die bands het die crowd teleurgestel nie en weereens was ons moerse trots om ‘n Suid Afrikaner te wees. Shit mense julle moet van hierdie ouens live sien. Dit is regtig unbelievable. Bed on Bricks het seker een van die beste onstage performances wat ek al in n lanktyd gesien het. Gypsy Queen sing van die ACDC songs beter as hulle. Regte SA rock legends. Daai bulletjies van Stellenbosch (Black India en Isolasiehare) en ook nie tyd gemors met ‘n moerse performances nie. Ag en hoe kan ‘n mens dan van die groot legend, Karen Zoid, vergeet. Ek was nie so ‘n groot fan van haar musiek gewees nie, maar na hierdie festival sal ek haar 110% ondersteun. Sy mag dalk al getroud wees, maar sy rock/kuier harder as ek en Colin saam. Sy is ‘n moer cool chick en ons het lekker saam met haar gekuier na die show.

Die event was gesponser geur White Horse whisky en Levi. n Groot handeklap moet uit gaan aan hierdie ouens dat hulle so Suid Afrikaanse musiek ondersteun. Ons het die groot seun (Mike Joubert) van Levi Suid Afica en Africa ontmoet en ek haal my hoed af vir hom en Levi wat hulle probeer doen vir Suid Afrikaanse musiek. Ons gatte het wel lekker gestamp toe ons hom ontmoet het, maar hy is wraggies n moer cool ou.

Soos altyd het ons ou gesiggies raak geloop en ook n ton nuwe gesiggies ontmoet. Boys as jy hou van oulike girls, stunning musiek en lekker voggies dan moet jy sorg dat jy jou gat hier kry by die volgende festival. Willeklong sal defnitief weer hier gesien word.

Leave a comment