Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Willeklong se eerste potjiekos kompetisie

Toe Boerbok so maand gelede na my toe gekom het met die idee dat Willeklong ʼn potjiekos kompetisie moet hou het ek net my kop gesak en gesig, want ek weet dit gaan sommer tonne rëelings en “red tape” wees. Die groot seun het my gou gerus gestel dat hy die hele event op sy skouers sal neem en al wat ek moet doen is net opdaag. Ek moet sê die knaap het ʼn bobaas dag aan mekaar geslaan. Dit natuurlik met al die ander wetters wat hom gehelp het.

Saterdagmiddag so net voor 12h00 trek ek Dasvlei (plaas net so buite Philadelphia) in en die eerste ding wat my oog vang is die hoeveelheid karre wat klaar daar is. Gis en Marina het die ingang beheer en nadat ek my pot en ingang fooi betaal het kry ek ʼn WK merk op die hand en ek suiker na waar die vure hoog brand.

Die vorige aand se reën was iets van die verlede en mens kon nie vir beter dag gevra het nie. Die vure brand sterk en ek kry sommer hierdie snaakse gevoel in my gat dat vandag weer een van daai groot Willeklong dae gaan wees.

Soos ek deur die mense beweeg en groet wie ek ken loop ek so wrintie waar een van my ou lugmag buddies en ook ʼn groot Willeklong ondersteuner, Jakes van Dyk, raak. Het die knaap jare laas gesien en alhoewel hy gereeld hier op die site kom rond speel was dit nogsteeds great om die wetter daar te gehad het, al moes hy vroeg gewaai het as gevolg van werk verpligtinge.

Met Oros en Riaan se aankoms later die middag het ek geweet hier is probleme met ʼn groot P. Nou met Vicky & Wim klaar in my span is ek die dom, ongelukkige donder om in die geselskap van 4 van die grootste kuiergatte wat ek ken (dit is nou Vicky, Wim, Oros & Riaan) te wees en potjiekos maak is die laaste ding op hulle agenda vir die dag. Min dae Jonker!!

Stadig het die deelnemers hulle potte strategies begin. Ons sin was regtig eenvoudig gewees het met net vleis, aartappels en uie. Groente is vir die wetters wat groot wil gaan en ons is wraggies nie een van hulle nie. Hierdie was ʼn impak pot en die fokus is meer geplaas op die kuier as enige iets anders.

Teen laat middag is die potte geevalueer en na ʼn vinnige prysuitdeling en bedankings in die stoor het die manne groot kuier vure begin. By die tyd het hierdie knaap al hard houe begin vat met daai 3 knape in my geselskap en op een stadium het dit gevoel of die dood my nou kom haal het.

Hoe later hoe rowwer…

Vir almal wat die dag moontlik gemaak het wil ek regtig baie dankie voor sê. Boerbok, Parma, Gis, Marina, Elizca, Rene en natuurlik oom Tobie van Dasvlei.

2008 hou vas, Willeklong en hulle potte is oppad.

Leave a comment