Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Spoed, modder & polisiekoffie

Saterdagoggend en ‘n laer bakkies en bote trek saam op Dasvlei. Rev dreig al lank dat hy ons op die water wil vat en vandag is die dag van reckoning. Vandag gaan ons kyk of daai bote co-pilots met ‘n gemiddelde gewig van oor die 100kg kan hanteer. Met die meeste van die wetters wat bang is as daar te veel water in die bad is gaan vandag ‘n scary movie uit die boonste rakke wees.

Melkbosstrand se hoofstrand is ideal vir ‘n slagting van formaat. As ek my gat sien moet dit nie wees waar niemand dit kan sien nie. Ek wil dit voor ‘n vol strand doen anders gaan niemand jou glo hoekom jou voorkop jou groot toon gebreek het nie. Rev en Skillie vat die bote gou deur die surf om seker te maak dat alles veilig is en dat ‘n mini Tafelberg nie voor ons gaan opspring nie.

Soutie en Vic is eerste op die bote en daar word vinnig verduidelik waar om vas te hou en waar om jou kop te druk as jy jouself begin bek*k. Nes die manne in is word die ketels oopgedraai en die branders word geklim. By die tyd lê al die beter en mooier helftes met al die fraaiste oulike klein kleertjies op die strand en mens moet nou begin opweeg of jy liewer op die beach wil bly of jou gat in dieselfde boot as Rev of Skillie wil kry. Beide manne was nie geleer om rustiger te wees met die throttle nie en as daai co-pilot in is is dit ‘n teken om ketels oop te maak en dit oop te hou.

Soos die manne afkom is dit net smiles en boot stories. So begin elk sy beurt kry totdat Rev my en Ruan roep dat ons ons gatte in die bote kry. Aaai f*k die knaap het nou net terug gekom van die Trans Agulhas en nou wil hy weer woes jaag. Ruan is by Skillie en ek by Rev. Die knape gaan deur die laaste veiligheids instruksies en dan is ons in die water.

“Jonker hou net sy neus plat as die branders kom. Hou hom!…Hou hom! Right spring laat ons sleep”

Skillie en Ruan het so paar sekondes voor ons weggespring en die ouens is al by die agterste branders toe ons net sien hoe hulle deur ‘n knaap van ‘n brander gaan. Ruan kry lugtyd en eindig op in die ope see. Maar nes hy die water tref skreeu Skillie dat hy moet klim, want hulle is in die bamboes. Ruan is skaars op en die Skillie is klaar oop ketels. Rev lag maar net en maak oop sodat ons by die ouens kan uitkom. Die see is lekker rustig en daar is nie groot swells om te spring nie, maar genoeg om die boot so paar keer uit die water te kry. Maar mens moet ook verstaan dat enige boot sal sukkel met ‘n co-pilot van 105kg seker. By Ruan en Skillie aangekom lag die manne oor die voorval en dan is dit weer oop ketels die see in.

Was nou al ‘n paar keer op ‘n paar verskillende spoedbote en moet sê hierdie knape sleep ‘n stinkspoed. Na so paar minute op die water is ons terug en gevoel in beide my voorarms is weg van al die klou aan toue.
Die swells begin groter en groter raak en Rev & Skillie reken dit is eers genoeg vir een dag. Paar koue biere word afgeslaan by een van die restaurante en dan is dit terug Dasvlei toe. Daar aangekom kry almal koolerbokse en elk sy plek op ‘n bakkie want nou is dit ons en ‘n plaas kleidam.

Kleidam + 16 klonge = astronomiese chaos. Klei missiele die grootte van ‘n tennisbal vlieg wyd en suid die dam deur en jy moet maar jou kop so laag as moontlik hou anders vreet jy klei. Nes laas kom die nuus deur dat meer mense by die plaas aangekom het en dit is weer terug plaas toe.

Stadig maar seker trek die karre in en kort voor lank is die huis vol wille wetters wat nou al lank wag vir hierdie kuiertjie. Zac van Niekerk blaas oor die radio en vragte hout word aangedra vuurmaakplek toe. Rev het ‘n paar van sy skuit sjommas ook genooi en dit was wraggies lekker om manne soos Skillie, Jan, Mauritius en Jacques daar te hê. Laasgenoemde is wragtig sterker as ‘n stoetbul, maar ‘n knaap werklik ‘die sout van die aarde’.

Samesyn kry lewe en dinge kan nie beter raak nie. Pa het op my kuiertjie Desember vir my ‘n flessie vol druiwe gegee wat al vir so jaar lank in Witblitz ingelê is en hoe kan mens dan nou so geleentheid nie gebruik om dit te toets nie. Om dinge net so twist te gee het Parma ook so flessie, maar syne is vye wat in mampoer ingelê is. Elkeen kry ‘n druifkorrel die keel af en dinge begin nou lelik spoed vat.

Nou soos alles in die lewe is daar reëls. Soos as iemand jou ‘n drankie of iets related na ‘n drankie bv druif of vy gee dan neem jy dit met ‘n smile en kry dit jou keel af. Rev reken die vy / mampoer kombinasie is nie so smooth soos hy gereken het nie en spoeg die goue vloeistof uit. SONDE!! Sulke onmenslike sonde moet gestraf word en ‘n bobaas strafdop word gebore. Rev besef sy fout, maar met geen bang haar op sy kop nie, gooi hy die knaap die keel af. Verander so paar keer van kleur en dan is hy weer volle silinders terug by ons.

Dasvlei kuiers is uniek en geen mens kan dit beskryf nie. Dit raak soms lang dae, maar elke kuier is ‘n avontuur op sy eie. Groot dankie aan Rev & Skillie vir die bote. Dankie dat julle so klein bietjie van julle sport en passie met ons kon deel. Julle bly mal bliksems, maar so is elk seker maar op sy eie manier. Dan vir al die mense wat daar was – dankie dat die plaas nog staan en hoop om julle almal gou weer te sien.

123 blok jou Rev.

Hoekom kruip jy weg in die meisies se badkamer?

Jou siek klein wetter.

Leave a comment