Sondagoggend en die wind in Gordansbaai (Pearl Harbor) wil net nie gaan lê nie. Jeeze ek hoop dinge op die water is net rustiger as wat dit hier voor die Bugaloo kantore is. Paar van ons was al saam met hierdie ouens in Langebaan en Houtbaai op die water en damn dit is addictive.
Die boot wat ons gaan ry is dieselfde wat hulle in die Trans Agulhas gebruik. Hy het 2 x 250 HP (horsepower) engines wat net duskant nie menslik is vir ‘n boot nie. Dit is die vinnigste komersiele boot in SA. Die knaap het plek vir 10 + die pilot (Tony) & co-pilot.
Lifejackets is aan en elk kry sy spot op die boot. Net voor ons vertrek kry ons ‘n vinnige briefing van Tony van al die do’s en don’t’s.
“Mense hierdie boot is nie gebou om stadig mee te ry nie. Ons gaan snelhede van omtrent 108km/h slaan en dit sal julle ‘n baie goeie idée gee van die spoed wat die ouens handhaaf in die Trans Agulhas resies…”
Het al 4 keer van te vore gejaag saam met hierdie ouens en kry sommer vinnig vinnig my spot heel agter by die engines. As die knaap oop ketels hardloop en ons begin branders spring is dit skrikwekkend voor.
Mens kan die opgewondenheid met ‘n mes sny en jy kan jou gat net nie stil kry nie. Ons beweeg stadig die hawe uit. Ons is 8 + die pilot & co-pilot op die boot so daar is een ry sitplekke voor my en die crew oop. 6 voor en 4 + crew agter. Kill switches word vas gemaak en die laaste 360 opserwasie word gemaak en voor jy ooo f*kk*t kan skreeu bril die twee groot seuns hier agter my en Soutie en Houtie wat heelvoor sit is in die lug soos die neus klim.
Die see is maar lekker choppy en ons is skaars by die hawe uit en jy kan hoor hoe die engines gil as dit uit die water kom. Goeie hel en dit is nou ‘n volle uur hiervan. Eerste stretch is reguit Strand toe en ons skiet reguit op die strand af. Die swells is woes groot en dinge gaan rof. Die ouens voor vat woes houe en ek dank my ass dat ek nie daar gaan sit het nie. Skielik trek hy hom skerp regs en nou is dit teen die branders uit. OH MY HELL!!! Nes jy die brander tref is daar daai paar sekondes van doodste stilte soos jy deur die lug gaan en dan daai harde geweerskoot soos jy die water tref en nes jy jou bearings reg kry is jy weer in die lug. Jou ass klou vir alles aan jou onderbroek, maar die oomblik is terselfde tyd ongelooflik lekker. Hierdie ouens is nie hier om jou op n Sondag drive te vat nie en hierdie is oop ketels all the way.
Die see raak skielik rustiger en nes ek dink nou kan ons effens tyd kry om ons asses te vryf en onderbroeke te ruil sien ek die pilot die co-pilot met die elemboog tik en soos een man leen die twee vorentoe en maak al daai 2 x 250 HP engines oop.
Nou mense om vir iemand te verduidelik wat 108km/h op water beteken is nie moontlik nie. Die knape wat Trans Agulhas jaag sal presies weet wat ek bedoel, maar later is die vrees weg en weet jy al wat jy nou kan doen is om maar net te klou en seker te maak jy verloor nie jou voeting as ons ‘n brander teen hierdie spoed gaan tref nie.
Ander bote / jetski’s probeer by hou, maar dit lyk asof hulle parkeerplek soek. 12 van ons hardloop oop ketels op een van SA se vinnigste komersiele bote en dit is die beste feeling ooit. Marli wat met elke brander geskreeu het kan nie ‘n woord uit kry nie. Het net nou nou nog branders gespring en nou is dit spoed en oop water.
Paar 360 draai word gegoei en nes jy dink NOU gaan ons begin rustiger raak gaan dinge net vinniger / rowwer. Tony lag met elke skreeu wat hy hoor en mens kan sien hierdie knaap is gebore vir hierdie tiepe ding.
Die laaste stretch hawe toe was tiepies alle Tony style en ding was voluit gedoen.
Terug by Pearl Harbor word die sout smaak in jou bek deur n koue bier gou af gespoel voor elkeen weer in hulle eie rigtings skiet.
As bote en spoed jou speelding is moet jy jou gat op een van hierdie bote kry. Check gerus hulle website uit by <a href="http://www.bugaloo.co.za" target=’_blank’ class=’commentLink’>www.bugaloo.co.za</a> vir verdere info. Net ook ‘n groot dankie sê vir Tony wat ons skipper was vir seker een van die vinnigste / rowste ure in my lewe. Was ‘n blast gewees en ek dink daai trippie van die Kaap na Langebaan is volgende op die lysie.