Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Rob loper, Brill, en die honde eenheid

Calitzdorp, die Port Republiek van Suid Afrika, is een van daai dorpies wat maklik oorsien word. Omrede dit so naby aan Oudtshoorn is, is dit soms makliker om net die 50km aan te ry.

Ek ry al die pad vir jare en dit het net een stop gekos op ’n trip na nêrens. Nou kan ek my nie kry om net aan te ry nie. Ek moet stop, al is dit net om bene te rek, of myself oortuig ek kort iets van die winkel op die hoek.

Meer belangrik is die vriende wat ons oor die jare op die dorp gemaak het.

Die naweek het die dorp weer sy arms vir ons oopgemaak. Die keer in die vorm van Bouganvillea Backpackers. Op nog ’n trippie na nêrens is daar soos ouder gewoonte gestop by ons ou vrinne by die Bosvarkie vir ietsie kouds vir die keel.

Later die aand is ons voorgestel aan Leani Le Grange en kort voor lank is akkommodasie en ontbyt klaar gereël. Die Klein-Karoo mag maar koud en nat wees vanaand, maar ons gaan in ’n bed slaap vanaand, iets wat maar min gebeur op hierdie tiepe trippies.

Later die aand het die kuiertjie verskuif na ons nuwe woning vir die aand, Bouganvillea Backpackers. Vuur is aangesteek en ons gasvrou het ’n kitaar nader gesleep. Glase is weer volgemaak en die aand / oggend het lank geraak…

Oggend en ek maak die oë stadig oop. Ek besef onmiddellik gisteraand was NIE ’n rustige kuiertjie nie, het ons WEER dieselfde fout gemaak en gedink ons gaan net vinnig stop vir ietsie kouds….nee magtig man….

Gewapen met ’n koppie koffie in die oggend sonnetjie word gisteraand se gebeure geanaliseer en ontleed.

Leani join die geselskap met haar “wingman” (jong hond) kort op haar hakke. Die knaap gaan orals waar sy gaan. Alhoewel nog jonk het sy al die kenmerke van ’n great bestuurderes en weet presies hoe om haar gaste tuis te laat voel.

Die kuiertjie word kort geknip, want die Groot Voël Paradys (Oudtshoorn) wag vir ons.

By Smitswinkel word daar gestop vir die oggend se 2de koffie. Kan mos nou nie die stukkie Oudtshoorn afjaag nie. Hier loop ons ’n paartjie van Somerset-Wes raak en verskeie Willeklong verhale word gedeel tot hul genot.

Weereens kon ons daar lank vashaak, maar soos vroeër genoem, ons moet Oudtshoorn toe.

Nadat ons gou by ouma Botha ingeloer het, is ons na rob loper (Brill) se huis – die se beter helfte het ’n verjaarsdag partytjie gehou vir hul albei en sy het gevra of ons nie hom wil kom verras nie, en walla hier is ons nou.

Middag het almal maar rustig by die huis spandeer en dit was lekker om ou gesigte weer te sien.

Later die middag het Brill laat weet dit was sulke tyd en die hele spannetjie het na die polisie honde eenheid se watergat (net so buite die dorp) verskuif.

Goed wat ek kan onthou….R9 vir ’n dB brannas en coke, WTF….Brill sit R1,000 op die tab neer….daar is nie einde nie….hey hier is kos so laat ons eet kêrels….whoop whoop….

Sondagoggend en ek word wakker in ’n huis wat deur 100 eerstejaarstudente getref is…siele lê orals en die Karoo is moer koud.

Om alles te top het Oudtshoorn besluit om hierdie einste Sondag die krag af te sit so ons kan nie eers koffie die lyf inkry nie.

Ongelukkig is ek maar een van daai siele wat as ek wakker is, kan ek nie weer gaan slaap nie. Maak vir Ruan, Ricky & Soutie wakker en ’n uur later word daar gegroet en is ons weer in die pad, die keer terug huis, Kaap, toe.

Soutie som die naweek so goed op toe hy met sy verloofde gesels het: “It was ’n unforgettable weekend my darling….”

Leave a comment