Ek besef net meer en meer dat mense, veral ouens (aka wetters, bliksems….kan vir ure aangaan), seker die gemaklikste ding op moeder aarde is. Om ons te oortuig is makliker as om jou kleinsussie se t-shirts te probeer aanpas (Vicky). Jy noem net kos, vog, burks (daai ene is vir jou Rev) en gooi ‘n mooi gesiggie of 12 by en enige knaap maak planne om daar uit te kom. Jy dink astronomiese verskonings uit om vorige verpligtinge te ontduik net om by jou sjommas te wees.
Donderdagaand het ‘n rustige pannekoek en rooi wyn aand ontaard in ‘n “survival of the fittest” toe een mal wetter gedink het dit is ‘n goeie idee om gou net een knertsie in Nu Bar in Stellenbosch te gaan drink. Nes ons die eerste koue knerts kry stap ou Parma en Bloues in en walla daar is ‘n vrag Klonge bymekaar en die brannas loop soos boontjiesop in die winter. Die rest is history…
Die koppe is nog seer en die liggaam skreeu net vir ‘n bietjie rustigheid, maar NEEEE dit is nou Vrydagaand en dis afsit Zevenwacht toe vir Brill (Rob, Robloper, jou klein k*k, wat da hel doen jy, jy gaan gevoeter word…) se verjaarsdagete. Skoon ‘n skok om almal in klere anders as khakihemde en stukkende kortbroeke te sien. Brannas word eenkant gestoot en vanaand is ons laanie en besluit om Zevenwacht en sy wingerd se manne en dames se harde werk te ondersteun. Net voor die wiele begin afkom word daar halt geroep en almal keer huiswaarts, behalwe nou vir die knape wat nie girls het nie…Vicky & Brill…whahahaha…aai manne.
Uiteindelik kom ons by Saterdag en die gatte jeuk verskriklik want dit is toetsrugby kyk by groot Jacques op die plaas in Wellington en natuurlik een van sy bobaas (dink hom sommer self uit) potjies. Die knaap laat ou boeta Jamie Oliver lyk soos Brill wat net in ‘n onderbroek staan (not a greatly inspiring sight – sluit jou deure en steek jou kinders en vrou weg.)
Brannas loop soos ‘n weghol windpomp (nie meer soos sop nie want dit is vir bulle sonder tande) en party raak net groter en groter soos die bakkies intrek. ‘n Telegram kom van binne dat die game begin en dit is tyd dat ons daai Rosies in die wit truie stukkend skop. Dit gil, skreeu, juig en Rev wat al die drieë mis, maar daar word met groot aandagtigheid rugby gekyk.
Die Bokke skop woes gat en die Engelse verlang na hulle eiland. Mens kan vir niks beter vra nie. Die trots is groot en die bors staan doer ver voor uit en die brannas proe sommer ook nou stukke beter. Maar eish die manne wat gooi se armpies word ook nou swaarder en die knieë raak lammer vir een of ander onverklaarbare rede. Snaakse ding die brannas… eish….
Soos ou Jacques daai Springbokboud pot van die stoof afhaal is dit elke man vir homself en daar word vragte kos geskep.
Die klok slaan 20h00 en ons moet nog Malmesbury toe om ‘n paar kappe by Up Stairs te gaan maak. Die lywe begin houe vat, maar ons het ons woord gegee ons gaan daar wees en ‘n man gaan mos nie teen sy woord nie. Ons was maar effens vroeg en na so paar knertse besluit ons om dit ‘n aand te roep. Van die spannetjie het gebly en het later laat weet dit was glo ‘n helse groot party.
Springbok (die manne met die groen truie & ou Jacques en sy swart pot) het hierdie naweek loshande gewen.
Was agter die ore en onthou mens hoef nie tande te borsel naweke nie – dit is mos dan ‘n klein vakansietjie!!