Paar goed wat ek nou al geleer het met my lewensavonture is dat daar altyd ‘n handjievol wetters sal wees wat saam met jou hierdie pad sal stap al is die trippie hoe k*k of hoe hard soms. Ek glo altyd dat mens se karakter en vriendskap regtigwaar getoets word as jy met jou rug teen die muur staan. As die broodlorrie hol wil almal opspring, maar as jy daai wa moet begin stoot dan kyk mens rond en wonder wie gaan jou help stoot.
Een van hierdie wetters met wie ek nou al ‘n tydjie die pap dik aanmaak en wat altyd daar is al is die pad hoe sleg of hoe k*k is sjomma Theunis Kruger aka BoerBok, BBk, The Tap, Huilende Laerskoolmeisie … As daar ‘n ystervarkjag is of daar moet bakkies 04h00 die oggend half aangeklam uit lande uitgetrek word is die knaap daar. ‘n Bul wat jy nooit sonder sy knipmes en yster sal kry nie en iemand met wie jy ten alle tye oor ditjies en datjies kan gesels. In dieselfde sin is hy ook een van my domste en lelikste vriende en f*k weet net ‘n ma kan so boerbokkie liefhê. Die arme ding dink soms hy is alla Danie Gerber as ons so bietjie die football rondgooi en dit is ‘n scary sight om te sien hoe hy ‘n gap wil vat met daai melkbeesliggaam van hom. Maar ja in kort is die knaap solid soos ‘n rock en jy weet jou six is altyd gecover as hy daar is.
Verlede Sondag breek die nuus dat hy en sy lang liefde die volgende stap geneem het (verloof) en skielik sit ek tussen twee vure. In die een kamp is ek so bly vir hulle want hulle pas mekaar soos ‘n handskoen en in die ander kamp weet ek met die tipe vriende wat beide van ons het is sy k*k nou geboek en sal 1 van 33942 bachelor parties een van die dae begin.
En nes die lot dit wil hê het ta, Mnr BoerBok, die vorige week gereël dat ons manne mekaar Woensdagaand 20h00 by Big Barrel Pub moet kry sodat ons ‘n paar Willeklong sake kan bespreek. Dit is amper asof die knaap ‘n lang, groen lat vir sy vet boude gesny het. Dit kan mos nie waar wees nie. Shit het Kersfees dan vroeg gekom?? So praat die manne die knaap maar bang vroeër die week en diep weet ek ons praat hom maar net bang en sal nou nie die knaap regtigwaar straf nie.
Maar, en daar is mos altyd ‘n MAAR…
So kom Woensdagaand en al die manne is by Big Barrel Pub BEHALWE BoerBok en Rev. Die klok stap aan en geen teken van hierdie wetters nie. Nie eers ‘n oproep van hulle nie. Parma reken dit is sommer k*k en spring op sy foon. 21h00 stap Ta en Kie die pub binne…’n volle uur na die afgespreekte tyd. Nou by hierdie tyd het meeste van ons al klaar ‘n paar stywe brannas agter die rug en die manne reken dit is mos nie hoe jy jou burks (sjommas) hanteer nie. Om die pap net so effens dikker aan te maak is die knape effens gewyn ook. Nee nee nee so werk dinge mos nie!!
Parma skiet die bar in en paar minute later verskyn hy met ‘n skinkbord gedek met shots. BoerBok en Rev laat nie op hulle wag nie en die manne klim in. Later word daar ‘n tweede rondte gekoop, maar die keer klim al die ouens onder die shots in. Shots word gestop en dit is nou net polisie koffie. All the way!!.
“Hoorie wanneer begin ons nou kuier of mors julle my tyd??” kom daai gewraakte woorde uit BBk se mond uit.
Skielik is daar stilte om die tafel en ek kan sien Parma beweeg deur ‘n stadium van donker wolke. Hy verskoon hom van die tafel en verdwyn die bar binne. Paar min later verskyn hy WEEREENS met ‘n glas “Vatmysommervinniggrondtoe”. Ag maar ou BBk het mos nie ‘n bang haar op sy lelike gat nie en hy kry sy spot op ‘n stoel en slaan daai scary kortverhaal dop weg. Van hieraf was alles gebaseer op ‘n timer wat jy aan ‘n bom koppel. Die res van die bulle was nou al LANKAL verby die “kom ons straf BoerBok”-stadium en was klaar in ‘n tweestryd met hul eie bene gewees om nie op die kniee te verskyn nie. Dinge het ‘n nuwe level van rof bereik en dit is goeie tye saam met pals all the way.
BBk se oê kruis mekaar soos twee senters wat ‘n dummy run doen en daar word besluit om dit ‘n aand te roep. Kry my skouers onder die knaap in en help maar die deur uit…Rev moes eers help want ek wou die verkeerde deur uit voeter. Buite word hy eers agterop sy eie bakkie gegooi om te pose vir ‘n $1m kiekie. Die knaap laat moer toe soos ‘n laerskool verhaal lyk.
Parma en Danie volunteer om die knaap en sy bakkie veilig by die huis te kry. Shit, 1 down, 33941 to go. May the force be with you my brave son!
BBk ek weet jy het daai volgende dag klippe gek*k en ja dit was ‘n rowwe aand, maar ek wil net weereens vir jou en Gisella gelukwens met julle verlowing en moet asseblief nooit huiwer om te vra vir hulp as julle eendag met die troureëlings begin nie. Ek sal my bes probeer dat Parma en Vic met skoon hempde en skoene daar aan kom.