Toe Karel my so maand terug skakel en vra of paar van ons nie saam met hom ’n scenario game by Paintball Africa (PBA) wil speel nie was die skrif klaar teen die muur – hier gaan iemand of almal goed op hul moer kry…
Ok laat ek gou verduidelik wat ’n scenario game is vir die wat geestelik gestremde is – hulle vat bv. ’n bekende oorlog fliek, in die geval Black Hawk Down Mogadishu en skep dan verskeie games van gedeeltes van die fliek.
Black Hawk Down (een van my top 5 beste films) gaan basis oor ’n Amerikaanse bataljon (Rangers) wat hulle gatte sick love in Mogadishu sien (of byna) teen ’n guerilla mag (Skivvies).
70 spelers + 5 games = ’n vrag verf wat skade kan maak as dit jou tref.
Met swaar (Marnus) wat bietjie in SA kuier van Denemarke is dit ’n gulde geleentheid om die knaap ook in te trek – dalk kry ek ’n lekker geleentheid en kan hom peper met verf…al is hy in my span…dit is mos dan net ’n ongeluk…
My eerste keer dat ek een van hierdie scenario games speel en moet sê dit is addictive – as jy eers een onder die belt het, wil jy sommer klaar weet wanneer die volgende een is.
Paar hoogte & laagte punt:
- Een van ons eie spanlede skiet Christo solid van agter in die 3de game – dog hy kraam ’n Jack Russel so befok was hy
- Ek en Marnus duik ’n sandput skeef toe ons grond toe gaan met ’n krat wat ons moes dra (hol vir dood) van punt A na punt B
- ’n Wetter skiet my solid op die vinger dat die velle vlieg…
- Karel speel so ’n stealth game dat in al 5 games ek hom nie eers een keer gesien het nie…
- Begin van die 2de game is die knaap langs my so op sy senuwees dat hy trigger happy begin raak en byna my groot toon en die arme een langs dit afskiet – dog ek klap hom dood
Kêrels volgende is U-TAC en dan gaan ons eers op ons moer kry…
Laat dit juig en as dit beweeg – laat loop met daai verf…