Ek moet bieg, ek is nie ’n groot liefhebber vir wyn feeste nie. Die simple rede is ek hou net nie van wyn nie. Kan ’n glasie of twee oor die lippe kry, maar van daar is dit maar sluk en afwurg. Met die dag ek en M Boland (Paarl) toe wil trek sal dit seker maar moet verander anders gaan ek soos ’n geel puisie uitstaan tussen al hierdie wyn mal mense.
Die Wacky Wine Festival, alhoewel dit ook wyn mal is, bring ’n ander tiepe gees na vore. Dit is nie ’n fees by net een perseel nie, maar word versprei oor ’n hele distrik van Robertson, Ashton, Bonnievale, McGregor tot Montagu. Elke wynkelder het sy eie mini fees wat ’n man kan breuk…of so het ek gehoor…het GEEN insite info hieroor nie…huk…huk…
Nou 1 + 1 is nie altyd 2 nie…as jy by elke van hierdie kelders bietjie gesellig gaan raak kan geen mens mos dit waag om agter die stuur van ’n bakkie te klim nie en dit is waarom ons eie Robertson woonagtig guide, StefeOO, altyd vir ons ’n bus reël wat ons van punt A, X, C…huk…B…vat. Soggens kom tel hy ons 09h00 op en laai ons dan 24h00 die aand weer by die plaas af, waar die kuier gewoonlik voortgaan…dit is nou vir die manne wat nie meer soos ’n wyn vat strompel nie.
90% van die fees & kuier was die jaar dieselfde as verlede jaar. Paar nuwe gesigte op die bus, paar nuwe kelders besoek wat ons nie laas kon maak nie, maar een ding wat ek wel opgemerk het, is dat elke kelder (of altans meeste van hulle) by wie ek al vantevore gekuier het, het dinge klein bietjie aangepas om dit makliker te maak vir die besoeker wat altyd ’n groot plus punt is.
StefeOO dankie vir al die reëlings en gasvryheid en dankie dat ek nogsteeds sukkel om die wyn uit my lyf te kry. Vir die res wat daar was – eish die kop is nogsteeds seer.