Ons kuier by Gecko Rock het tot ʼn einde gekom en ons is weer aan die beweeg. Volgende stop is by Laingsburg, 85km verder, en dan is dit nog so +/- 12km tot by Buffelsrivier waar ons vir die volgende twee aande lekker in die veld gaan kamp. By die ingang van die plaas ontmoet ons ʼn oud Boland Landbouer, Izak van der Vyver, en ons manne skud blad. Ons is van die eerste besoekers wat na die groot reën daar kom kamp, so die Buffelsrivier loop op plekke lekker diep….