Ons reis verder… Lees gerus die eerste gedeelte van ons Moordernaarskaroo trippie – Manne tyd in die Moordernaarskaroo. Ons volgende stop is by Middelstevlei Wildernis Kamp, so ongeveer 40 kilometer vanaf Buffelsrivier is. Die wêreld is klaar warm en, omdat Laingsburg nogal naby is, sal ʼn lekker groot Wimpy melkskommel mos ʼn lekker bederf wees. Gewapen met ʼn melkskommel elk, is ons weer op die grondpad. Al die vensters oop, lekker tunes op die radio en die Cruiser wat die grondpad opvreet. Lian knak eerste en kort op sy hake gaan…
Moordenaars Karoo
Hierdie is ʼn nota aan myself. Dit is Sondagmiddag en my gat is nog pê van ons trippie deur die Moordenaarskaroo. Ek laai ʼn paar kiekies op sosiale media om seker te maak ek “date stamp” die gebeurtenis en besluit ek sal ‘n ander dag paar woorde skryf daaroor. Die volgende dag drink ek koffie saam met ʼn maat en hy noem, “Bliksem Henry, maar dit lyk of julle manne lekker tyd gehad het”. Ek knik my kop, en toe ek weer terug is in die bakkie maak ek my foon…
Ons kuier by Gecko Rock het tot ʼn einde gekom en ons is weer aan die beweeg. Volgende stop is by Laingsburg, 85km verder, en dan is dit nog so +/- 12km tot by Buffelsrivier waar ons vir die volgende twee aande lekker in die veld gaan kamp. By die ingang van die plaas ontmoet ons ʼn oud Boland Landbouer, Izak van der Vyver, en ons manne skud blad. Ons is van die eerste besoekers wat na die groot reën daar kom kamp, so die Buffelsrivier loop op plekke lekker diep….

