Middelstevlei

Middelstevlei

23 Oct: ʼn Swembad in die Moordernaarskaroo

Ons reis verder… Lees gerus die eerste gedeelte van ons Moordernaarskaroo trippie – Manne tyd in die Moordernaarskaroo. Ons volgende stop is by Middelstevlei Wildernis Kamp, so ongeveer 40 kilometer vanaf Buffelsrivier is. Die wêreld is klaar warm en, omdat Laingsburg nogal naby is, sal ʼn lekker groot Wimpy melkskommel mos ʼn lekker bederf wees. Gewapen met ʼn melkskommel elk, is ons weer op die grondpad. Al die vensters oop, lekker tunes op die radio en die Cruiser wat die grondpad opvreet. Lian knak eerste en kort op sy hake gaan…

Moordernaarskaroo

26 Sep: Moordenaarskaroo + twee Ouberg Passe

Om ʼn langnaweek tuis te wees is net so goed jy word vir die dorp se eerste klub rugby span gekies, maar in die voorry posisie in plaas van losskakel, waar jy jou talent kan uit leef met jou ligvoetige passies. Met die dat Mnr Afrigter se 110kg niggie graag haar sport talent wil versprei na die van rugby (gee ons asb krag) het hy goed gedink om haar jou plek te gee en jou na die dodelike posisie van #1 te skuif waar die oom oorkant jou jou sagte wang…