Vat die tyd en vra jou vriende of hulle al gehoor het van die kleurvolle gemeenskap, Wupperthal, in die Cederberge… Soos per ons besoek vroeër hierdie jaar, het ek ʼn gedeelte van die area en gemeenskap ontdek wat ek dink die man op die straat nie van bewus is nie. Met my volgende besoek het ek die Cruiser verruil vir ʼn paar stapskoene. Ek en 19 ander stappers pak die Wupperthal66 aan wat ʼn vierdaagse, “slack pack” staptog is wat oor ongeveer 66 kilometer in die pragtige Sederberge strek. Ons stap…
Eselbank
Die laaste 3 jaar het ons die langnaweek in die winter gebruik om paaie en plekkies te gaan verken in die Karoo en areas rondom dit saam met die Groenewald gesin. Die jaar sou dinge nie anders wees nie en Vrydagoggend 7vm verlaat ons ʼn bitter koue Wellington op pad na Op-Die-Berg via Ceres. Die wêreld is koud en plek-plek is dit wit geryp. Net buite Op Die Berg draai ons regs en volg die teerpad totdat dit grond raak. ‘n Paar kilometer verder stop ons langs ʼn dam en geniet…

