Ek loop al lank met die idee rond om die Ooste van Namibië te gaan verken, die Caprivi strook om meer spesifiek te wees. Daar is wel nog iets wat my dryf om daai wêreld saam met die seuns te gaan verken. Vriende van my was al jare terug daar en albei het swembroeke van die Ngepi kamp. Vir die normale persoon mag dit soos net enige ander swembroek lyk, maar dit is vir my ʼn teken van iemand wat al deur die Caprivi getoer het… En dit was tyd dat…