Chobe River Camp

Henry_01

12 Feb: Chaos oppad Chobe toe en Ngepi se seekooie

Met die Laas gesin sterk oppad terug Klein Nungubais toe, druk ons die Cruiser se neus in ʼn Suidelike rigting op die B8. +/- 1km voor die Ngoma grenspos kry ons die afdraai na Chobe River Camp wat ons tuiste gaan wees vir die volgende 2 dae. Die 4km na die kamp is ʼn grondpad en soos meeste van die kampe waar ons reeds gekamp het, was dit plek-plek onder water. Die GROOT verskil was dat hierdie daai swart kleigrond was, en toe ons deur die eerste gat water gaan, sê…

kaprivi_01

06 Feb: Groot reën & tiervisse in die Zambezi

Ons is presies halfpad deur ons 18 dae lange reis deur Namibië via Outjo en dan Oos, deur die Caprivi strook tot by Nambwa in die Bwabwata Nasionale Park. As jy erg verveeld is nadat jou ma jou Huisgenoot versameling weg geneem het, lees gerus die eerste twee gedeeltes: Van Nambwa beweeg ons verder Oos, al dieper die Caprivi strook in tot by Katima Mulilo waar die voertuie volgemaak word en die nodige proviand vir die volgende paar dae aangeskaf word. Ons tuiste vir die volgende twee aande sou by Zambezi…