Ons is Vrydagoggend vroeg by Nibela Lodge weg terug Durban toe via die N2. Hierna het ons Wes geskiet op die N3 na die dorpie waar die bekende vark worsies en bacon produseer word – Estcourt.
By Estcourt draai ons regs deur Weenen Wild Reservaat waar ons ‘n paar renosters 20m van die pad raakloop voor ons die klein dorpie, Weenen, bereik.
Vir die volgende 3 dae (2 nagte) gaan ons in die geselskap van Zingela Safaris wees. Die Zingela kamp is in 1983 opgerig diep in Zululand langs die Tugela rivier.
By die samekoms plek word ons verwelkom deur Garth (gids) waar ons almal dan via ‘n landrover & ‘n Zingela bos voertuig na die boskamp vervoer word. As jy nie ‘n 4×4 het nie moet jy nie eers probeer nie, want party plekke het ek maar net oë toe gemaak en gehoop ons kom daar uit.
Die veld is vol wild en kudus, elande, springbokke, blesbokke en selfs ‘n kalmeerperd is gesien. Het al ʼn paar foto’s van die kamp op hulle website gesien en het soort van ‘n idee gehad wat om te verwag, maar ek was stom geslaan toe ek die ware Jakob gesien het.
Die gras walle wat die kamp en die Tugela rivier aan mekaar konnekteer lyk soos die van ‘n gholfbaan en mens wil sommer net skoene uit skop en op die naat van jou rug gaan lê.
Mark (ons gasheer en lyk presies soos die bekende Kingsley Holgate) neem ons na ons kamer wat aan die einde van die kamp is. Weereens is geluk aan ons kant want nes by Nibela Lodge het ons die wittebrood kamer los geslaan. Ek gaan nie eers probeer verduidelik wat ‘n belewenis hierdie kamer was nie, want geen woorde gaan dit regverdig nie. Kliek op hierdie link en selekteer die “Honeymoon Suite” opsie in die drop down menu.
Aandete word om die vuur geniet terwyl Garth (ons gids asook ‘n PH “Professional Hunter”) ons vermaak met sy jag stories bo in die noorde van Mosambiek.
Oggende langs die Tugela rivier is iets om te beleef en as jy net rustig is en jy kry vir jou ʼn lekker uitsig kan jy ‘n groot verskeidenheid wild langs die rivier sien.
Vandag is dit ons en die Tugela. Die rivier is bekend vir sy wit water in die somer en met Marli wat nog nooit “white river rafting” gedoen het nie, het ek besluit om haar op die wildste een van Suid Afrika te neem.
Dit was ‘n stunning somers dag en ideale weer om die water aan te pak. Marli was lekker skepties toe sy hoor ons gaan in ‘n twee man crock die rivier af, waarvan ek natuurlik agter sit en die bestuur gaan beheer. Sy het my seker 20 keer gevra of ek al vantevore “white river rafting” gedoen het en hoe meer ek haar probeer gerus stel het hoe stiller het sy geraak oppad vanwaar ons die dag se avontuur gaan begin.
Ons is vergesel met ‘n skool groepie en hulle onderwysers van Pietermaritzburg. Aangename groep en so paar van die kinders het my laat dink aan die karakters van John van de Ruit se boek Spud.
Die eerste paar rapids het Marli aan die skreeu gehad en ek kon op party plekke nie my lag hou nie. Na ‘n lekker breuk langs die rivier het ons die laaste rapids kamp toe aan gepak. Ek en Marli het uiteindelik begin lyk soos ʼn rafting span…of so het ons gedink / gehoop.
Marli en Ian (ons tweede gids) surf ‘n golf in een van die rapids.
https://www.youtube.com/watch?v=C32hAOG4qqo
Na middagete het die weer effe teen ons gedraai, maar na so paar se uur was ons weer op die water om die laaste paar rapids vir die dag aan te pak.
Die dag se aktiwiteite op die rivier het ons lekker uit gepunt en na aandete en ‘n koppie koffie is ons reguit kamer toe.
Die volgende oggend na ontbyt het ons gou uit gecheck en weer reg gemaak om op die rivier te klim. Vandag gaan ons met die rivier uit en nie met die landrover soos ons in gekom het nie. Die landrover gaan ons naby Weenen langs die rivier kry.
Vandag se rapids het gister sin soos ‘n kinderkrans uitstappie laat lyk en op party plekke het ons deur 2.5m branders gegaan. Party plekke het ek wragtig gedink ons gaan ons gatte solid sien, maar gelukkig het ek hierdie boodskap nooit aan Marli oor gedra het nie, want ek sweer sy sou net daar af klim en terug stap…whahaha.
Na ‘n lang dag op die rivier het die landrover en die Zingela bos voertuig ons langs die rivier gekry. Paar toebroodjies word gou eers afgewurg voor ons die laaste paar km terug Weenen toe aanpak waar almal se voertye by die samekoms plek wag.
Blad word geskud en ons is terug op die pad na ons 3de, en laaste, bestemming van ons 2 week wittebrood.
Vir die van julle wat hou van “white river rafting” dan is die Tugela die rivier vir jou. Hulle rate dit die tweede rofste rivier naas die Zambezi bo in die Noorde.