19th Ave New York, NY 95822, USA

Wegbreek naweek na Elephant Leisure Resort

Elephant Leisure Resort

2015 het met so ʼn helse tempo begin en die momentum het net nie ophou nie. Dus toe Marli noem sy het vir ons (nie die kinders nie) ʼn wegbreek plekkie bespreek naby die Cederberg was ek moerse verlig om eerlik te wees.

Liggaam het geskreeu vir rustigheid en dat die brein bietjie kan afskaal.

Elephant Leisure Resort is aan die voet van die Olifants berge en so +/- 8km buite Citrusdal (op dieselfde pad as The Baths).

Tydens ons kuiertjie daar was hul besig met restourasie werk aan die restaurant/funksie gebou so het met die inloop nie so prentjie mooi gelyk soos die foto’s op hul webtuiste nie, maar gegroet met hope bou rommel 

Dit gesê was die geriewe van ons cottage top klas en die uitsig oor die Olifantsrivier vallei prentjie mooi.

Sal definitief weer gaan, maar die keer die seuns saam neem. As jy oorweeg om die plekkie te besoek, vind eers uit hoe ver hul is met die restourasie werk.

07

Paar dae se uitrus en vars lig het ons net goed gedoen en daar is weer ʼn huppel in ons stap.

Kliek hier vir meer foto’s.

Leave a comment