So hoe beskryf mens 2014 sodat ieder en elk dit kan verstaan. Al woord wat uit spring is: BLIKSEM!
ʼn Jaar met baie “ups”, maar ook ʼn paar “lows”. Gelukkig onthou mens mos altyd net die goeie tye en gaan die nie-so-goeie tye gou vergete.
Die hoogtepunt moet definitief die geboorte van Lian wees. Net weereens besef wat ʼn wonderwerkie ʼn kind is. Knapie het nou die dag 9 maande oud geraak en klaar sy merkie in ons huishouding gemaak.
Maar met die dat die familie nou groter geraak het, was ons verstom om te sien hoe opgewonde Jean oor sy klein boeta is. Elke dag raak die band tussen die twee net sterkker en as Jean vir ʼn dag of twee by ouma-hulle gaan kuier het is sy eerste woorde, as hy by die huis in loop: “waar is boeta? Ek het hom gemis”.
Loopbaan gewys was dit ook ʼn goeie jaar vir beide ek en Marli. Clikit Media het ʼn goeie jaar gehad en hierdie jaar (2015) gaan ʼn ongelooflike NB jaar wees wat ʼn groot impak op ons huishouding vorentoe sal hê so hou maar duime en tone vir ons vas asb, maar dit is opwindende tye.
2015 het ongelukkig met ʼn effense skrik begin. Sondagoggend, 4 Jan, besluit ek en Andries om die seuns Bainskloof poele toe te neem. Na so uur by die poele voel ek skielik nie 100% nie en soos ek uit die water klim begin alles voor my blurr. Andries help my om te sit/lê en daar sny die ligte uit. Andries besef die êrens en kry die kinders reg om die klim na die pad met die kinders aan te pak. Uiteindelik terug in Wellington het Marli klaar reg gestaan en oorgeneem by Andries.
By Paarl Medi Clinic is al die nodige toetse gedoen en met die dat die EKG toets positief was, was ek paar ure later terug by die huis. My liggaam het gevoel of ek die Comrades x4 keer gedoen het agter mekaar. My ouens het net so groot geskrik en toe hul die nuus kry was hul binne ʼn uur op die pad Wellington toe van PE.
Later ʼn afspraak by Dr Wouter Basson gekry en hy en sy span het my deur my passies gesit en die kort van die lang storie is reken hy dat dit ʼn kombinasie van verskillende komponente was: uitputting, stres gekombineer met die koue water het dit veroorsaak dat my hart ʼn “beat” of twee gemis het en dit het veroorsaak dat die suurstof na my brein afgesny was.
Praat van ʼn wake-up call! Marli was, soos altyd, ʼn steenpilaar in ons familie gedurende hierdie tyd en alhoewel die ervaring ook ʼn groot skok vir haar was het sy gesorg dat ek tonne rus kry.
So dinge gaan bietjie anders wees in 2015. Daar gaan meer gefokus word om gesonder te lewe, maar ook om tyd saam met familie & goeie vriende meer te waardeer.
Mag 2015 een moerse groot jaar vir ieder en elk wees.
Altyd lekker om jou stories te lees!!Op 2015 julle en nog jare se vriendskap saam!!Mis julle uit Ceres-city!!
Tx bud. Sien uit na ons kuiertjie Sondag.