7 September 2014 sal, nes 5 September 2010 (Jean se doop), ’n baie spesiale dag in ons familie wees. Die dag wat Lian, en ons, ’n belofte aan God gemaak het om oor hom te waak en te lei gedurende sy lewenspad.
Familie het van vêr (PE & Weskus) gekom vir hierdie spesiale dag van ons klein klong.
Die groot dag het nie soos oudergewoonte met ’n 5am “ok ek is wakker so kom haal my” roep gekom nie. Snaaks genoem het die knapie al die huismense rus tot net so voor 6am gegee. Wil beide voorkom asof hy geweet het hierdie is ’n daggie waar selfs hy genoeg rus moet kry.
09h30 en Wellington Oos-Gemeente was vol gepak gewees, al was dit ’n uit naweek vir die kategese. 4 families het gedoop en die kerk was gepak met gaste. Die babakamer was so vol dat ouers in groepies buite op die gras met die kinders gestaan het
Ds Jan Grobbelaar het die diens begelei en almal gelos met ’n mooi boodskap.
Na die diens is die vriende & familie kerksaal toe waar daar sop, brood en soetigheid geniet was. Lekker om van die ou gesigte weer te gesien het. Deesdae is mens se lewens so besig, mens kom nie meer by almal en alles uit nie.
Lian my seun, pa en ma, is so lief en geseënd dat jy deel is van ons lewe. Ja, ek weet jy sal niks van Sondag se verrigtinge onthou nie, maar dit is hoekom pa en ma daar is om jou te help lei op die regte pad saam met ons Skepper.
Dankie dat jy so ’n vriendelike, liefdevolle seuntjie is.
Groot GROOT dankie aan Marli wat alles gereël het. Dit het manjifiek gelyk skat – jy is ’n ster duisend.
Kliek hier vir meer foto’s.