Met die dat die bulletjie se verjaarsdag (die groot 2) presies op Paasnaweek val die jaar het ons besluit om sy partytjie bietjie vroeër te skuif – laaste naweek in Maart. Wil nou nie hê dat mense hul langnaweek opoffer net om ’n kinderpartytjie by te woon nie.
Party #1 was ’n breeze, want toe was die knapie nog nie mobile nie….so hoe groot kan die verskil nou wees het ek gewonder?
Laat ek dit kortliks opsom in hierdie sinnetjie. Ons 3 honde het 14h00 uit gepass van moegheid en het eers 18h00 daai laatmiddag wakker geword. Kinderpartytjies is nie ’n GRAP nie en jy moet geestelik & fisies reg wees daarvoor.
Toe die klok 10h00 slaan Saterdagoggend het die karre een vir een opgedaag en elke ma was gewapen met ’n bondeltjie energie wat reg was om hul alles te gee (eet & speel tot wat hul klein liggaampies hul toegelaat het).
Sarie (Jean se nannie) het ons die dag uitgehelp en ma het ’n bal pit gehuur (moet sê dit was die treffer van die party) vir die dag. Sodra die ma’s die handjies los is dit reguit pit of trampoline of klouterraam of sandpit of honde toe….
Partytjie tyd (Video)
Dan die big move – die koek moet op die tabel (wat buite was) gesit word en dan moet AL die maatjies om die tafel kom (wat ’n avontuur op sy eie was) staan sodat Jean sy 2 kersies kan uitblaas. Die wind het effe gewaai en pa sukkel sy gat af om dit aangesteek te kry. Net soos ek dit aankry, dink Jean het dit as sy que gesien om te blaas….en so begin ons dan weer van voor.
Toe die twee kersies uitgeplaas het, het die suiker aanval begin. Maak nie saak hoe dit in die mond gekom het nie – dit moes net vinnig en alles moes in….whahaha.
Terwyl die ouers aan lekker aan sout & soet happies peusel het Sarie haar hande vol gehad om seker te maak die maatjies karnuffel mekaar darem nie te erg nie.
14h00 die middag was die laaste mense weg en ek, ma, Jean en die honde was pap bande.
@Boeta – hoop jy het jou partytjie geniet. Ons kan nie wag vir #3 nie.