Tyd is iets waarmee jy nie moet sukkel nie, want dit wag vir niemand nie. 4 maande gelede het ons familie met nog ’n klein wonderwerk ryker geword en dit is moeilik om te glo hoe vinnig Lian groot geword het.
Nie te lank terug nie was die lyfie so klein en “fragile”, maar nou is hy een stewige knapie wat nie ophou wil smile nie. Soek heeltyd na geselskap en hy is nie skaam om te roep of te laat weet as hy bietjie geselskap soek nie.
Die 1st maand wat ’n groot aanpassing vir my. As jy dink dinge is makliker omrede jy klaar daardeur was maak jy ’n groot fout. Inteendeel ek dink (ek weet) dit was moeiliker vir my. Jy wonder seker hoekom? Wel mens se loopbaan het gegroei met die tyd en so ook die druk wat saam dit kom. Dan is daar ook reeds ’n 4 jarige (Jean) klaar in die mix. So die bietjie oop tyd wat jy gehad het, is nou heeltemal iets van die verlede en spanwerk & goeie kommunikasie is kritiek as jy nie mal wil raak nie.
Na maand 1 het dinge elke week beter en beter geraak en nou is dinge weer terug na normaal. Enige verskil is – nou is ons 4!
Marli is terug by die werk en Lian het by Kinderland se babakamer ingeskakel. Die terugvoer van die tannies is dat die knapie nie kan ophou smile nie
Soos met Jean gaan ons al Lian se foto’s ook aanlyn stoor (www.lianjonker.co.za) sodat die familie & vriende wat vêr is op hoogte kan bly.
Kan n Ma dan soooo trots wees op haar drie manne! Lian bring n wonderlike vriendelikheid in die huis met sy pragtige laggies. Dit so maklik om jou mamma te wees.