Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Toe word ons 4

Lian James Jonker

Nes 7 April 2010 sal 11 April 2014 nooit weer dieselfde wees in ons klein familietjie nie.

Na 38.5 weke het Lian James Jonker besluit dit is dalk ’n goeie idee om nou maar sy verskeining te maak op 11 April 2014, 00h54 Vrydagoggend.

’n Kort opsomming van die knapie se koms:

10 April – 21h30: Ontspan rustig voor die TV en kyk ’n episode van NCSI.

10 April – 22h00: kontraksies elke 5min het begin.

10 April – 22h25: Marli sê dit is sulke tyd en Paul/Marina word geskakel. Met hul gereël dat as die tyd kom en dit is saans of hul Jean by my kan kry by die hospitaal.

10 April – 23h30: 1st ondersoek en almal kry ’n verrassing toe daar verneem word dat M al 6cm ontsluit is. Nes Jean is sy verby die epiduraal opsie so sy moet voortgaan sonder enige pyn verligting.

11 April – 00h15: 2de ondersoek en Dr. Grobler word ontbied en dinge is in volle gang.

11 April – 00h54: ’n skreeuend Lian James Jonker (3.2kg swaar en 51cm lank) maak sy verskyning.

11 April – 01h15: Marli se skoonouers ontmoet Lian. Hulle het deurgekom toe hul hoor Marli gaan in kraam.

11 April – 01h30: ’n Uitputtende Marli word na haar kamer geneem.

Net weereens het ek besef deur watse pyn ’n ma sal gaan vir haar kind. Ongelooflik en iets wat altyd by my sal wees. Ek was bevoorreg om albei my kinders se geboortes te ervaar en is innig dankbaar dat die liewe Vader sulke ongelooflike geskenke aan ons familie gegee het.

Toe Jean hoor sy boetie is op pad wou hy nie die hospitaal saam met Paul/Marina verlaat nie, maar na so bietjie mooipraat (+ dat hy doodmoeg was) het hy ingestem op die kondisie hy kan hom 1ste ding die volgende dag ontmoet.

Die volgende oggend toe Marina hom kom aflaai, was sy eerste woorde: “Is boeta al hier?”.

Tans is ma en boeta by die huis en geniet hul mekaar se geselskap.

Welkom by ons gesin Lian en saam gaan ons nog BAIE avonture he my seun.

Kliek hier vir meer foto’s.

Comments (2)

Baie geluk julle!! O aarde nou het ek darem lekker getjank! Dis te pragtig!

Ai my engel, jy is altyd so betroubaar om n stukkie geskidenis op papier te sit. Dankie vir die artikel. Ek is darem uiters bevoorreg om so n pragtige man en oulike seuns in my lewe te he. Ek het nog heeltyd getwyfel of daar genoeg liefde en aandag sal wees vir nog n boetie en hoe mens jouself dan nou in 2 gaan skeur vir altwee kinders, maar om hierdie pad saam met jou te loop is so n plesier. Die pad het nog nie een hobbel of T-aansluiting nie! Die liefde, geduld en begrip vir 2 kinders kom so natuurlik, dis my voorreg om jou vrou en hulle mamma te wees!

Leave a comment