
Om te dink ons klein yster is al 3 jaar oud is onwerklik. Dit voel soos gister toe ek en Marli vinnig moes leer hoe om die nappies storie onder die knie te gekry.
Die nappies is intussen (nog nie 100% nie, want die knapie slaap nog daarin) verruil vir “onniejonnies” en om die aan die knapie te kry is ’n avontuur in dit self. Ek het al vir Marli gesê as iemand soggens of saans wanneer klere aangetrek word sien hoe chaos dit by ons is, sal hul net kop skud.
Soms kry ons die onniejonnie aan, maar dan skiet hy daar weg soos ’n afkophoender met een van die ouers agterna. Dit is oomblikke soos die wat mens vir geen geld kan verruil nie, al wil mens hom op daai oomblik sommer vasbind teen ’n deur of kas…haha.
Die jaar het ons besluit om sy partytjie saam met sy klas maatjies te hou in plaas van een by die huis saam met pa en ma se palle…haha.
Marli het die Vrydagoggend, 5 April, halfdag gevat en die twee klassies gaan verras met al die soet goed. Die dinosaur koek was definitief die fokus punt.
Met die dat Soutie & Marisa kom kuier het van Switserland het ons sommer besluit om ook van soet goedjies saam te neem na die plaas kuier later die Vrydagaand waar al die ooms & tannies die knapie darem kon gelukwens het.
Sondag, 7 April en die groot dag is eintlik hier. Tonne geskenke word die oggend oopgemaak en dan word daar gou reggemaak want ’n besoek aan die Two Oceans Akwarium wag vir die knapie.
Ek wens ek kon die oomblik vang toe hy die eerste tank vol gekleurde vissies sien. Sy ogies was so groot soos pierings en jy kon sien die oomblik was groot. As die eerste tank WOW was moet jul hom gesien het by die groot tanks. Kon hom nie kry om stil te staan vir een foto nie…onbegonne taak! ’n Ongelooflik lekker uitstappie saam met die skoonouers – DANKIE julle.
Seun jy is nou amptelik 3 jaar oud. Dankie vir al jou liefde en dat jy “soms” so ’n soet seuntjie is. Ma, pa en al die honde geniet elke minute saam met jou.
Kliek hier vir meer foto’s oor die klas partytjie en hier vir foto’s oor die Akwarium besoek.
Wat n ongelooflike voorreg is dit om Jean se mamma te wees. Jy is n wonder seuntjie en ons is baie lief vir jou! Mamma hoop jy’t lekker verjaar en onthou elke dag is n ‘sweetie dag’ nie net as jy verjaar nie (dis ons geheim).