19th Ave New York, NY 95822, USA

Dankie!

Jean Henry Jonker

Dankie vir die wonderlike klein rakker wat jy is boeta. Dankie dat daar altyd lewe in ons huis is. Dankie dat etes om die tafel ’n avontuur op sy eie is. Dankie dat jy die honde op hul tone hou. Dankie dat jy mamma se hart smelt as jy mooi woordjies vir haar fluister. Dankie vir die wonderlike tye as ons in die veld is. Dankie vir die knorrige gesiggie as pa jou vroeg wakker maak. Dankie dat jy jou oumas en oupas weer ’n spring in die lewe gegee het. Dankie dat jy elke aand die badkamer amper verspoel soos jy bad. Dankie dat jy en mamma my soms van die bed af slaap. Dankie dat jy pa se klein yster is.

Maar meer belangrik van alles, dankie dat ekke, pa, deel mag wees van jou lewe. Pa is elke dag dankbaar dat die Liewe Vader jou oor my pad gebring het en solank ek op hierdie aarde is, sal jy deel wees van die gryskop se lewe.

Leave a comment