Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Familie + vriende = #GoeieTye

Lekker in PE

Desember vakansies is altyd ’n tyd vir families. Daar is genoeg tyd gedurende die jaar om saam met al die pelle rond te kerjakker.

Die jaar was dit tyd dat ons Oos-Londen toe gaan om Kersfees by my ouers te vier. Het eers by my suster in Port Elizabeth gestop want sy join ons oor Kersfees en n paar dae daarna. Danie (swaartjie) sou Kersfees by sy pa wees in Uitenhage dus het Adri sommer saam met ons Oos-Londen toe gery. Hy sou ons dan die 27st join.

Met die dat my ouers Jean min sien was die ontmoeting WOW en ek dink arme boeta het hom effe lam geskrik oor al die mense wat so hard praat en nie kan ophou drukkies gee nie.

Kuiers by my ouers is baie rustig en met ouma & oupa wat heeltyd besig was met boeta het dit vir ons 2 (ek & Marli) tyd gegee om bietjie te gaan rondloop in die dorp.

Die Oos Kaap, Oos-Londen meer spesifiek, is nie meer die dorp wat ek as kind onthou het nie. Paaie & munisipale dienste in sekere woon gebiede het so vêr agteruitgegaan ek wonder of hul dit ooit weer sal regkry.

Dit het ouma nie lank gevat om Jean gemaklik te kry met sy “pottie” nie. Van daar het dit elke dag beter en beter gegaan.

Het ook weer tyd gehad vir lees en het twee ongelooflike boeke deur gewerk. Die eerste een Zulu Zulu Foxtrot: To Hell and Back with Koevoet van Arn Durand gee die leser ’n smakie van die mees gevreesde polisie gevegseenheid, Koevoet, in die destydse bosoorlog. Ek onthou as kind het my pa altyd van hulle gepraat en hoe hierdie ysters met hul Casspirs vir niemand en niks teruggestaan het nie. Wat ek nie van hul geweet het nie was dat Koevoet die hoogste “killing ratio” gehad het. Persoonlik het ek gedink 32 Bataljon het daai title gehad, maar Arn se boek het my heel duidelik verkeerd bewys.

Tweede een was No Easy Day van Kevin Maurer en damn dit kon ek net nie neersit nie. Dit gaan in detail oor die operasie wat Osama Bin Laden uitgehaal het. Wat dit meer aanloklik gemaak het, was dit is geskryf deur een van die Seal bevelvoerders wat deel van die operasie was. Nie net gee hy in diepte detail oor die operasie nie, maar ook van verskillende ander operasies en meer belangrik wat dit behels om deel van die elite Seal Team 6 te wees.

Was ook lekker om ou hoërskool vriende (Jacques, Morné & Fred) weer te sien. Sien die klomp wetters baie min so as daar ’n geleentheid is, kan mens nie nee sê nie.

Na die kuiertjie by my ouers het ons vir 2 dae by my suster-hulle gekuier in Port Elizabeth waarna ons Oudtshoorn toe is vir so 3 dae.

Het die jaar besluit ons gaan sommer by Brill-hulle kuier met die dat ouma se huis reeds vol was met kuiermense. Om die pap nog dikker aan te maak was beide Vicky & Oros ook in die dorp so dit was 3 LANG dae saam met hierdie ysters. Ek oorweeg om my ouma te vra om na ander dorp in die Karoo te skuif, want die dat Brill daar is maak dit kuiers gevaarlik, maar wie is bang…haha.

Het die Brill monster nie self in sy nuwe swembad gesien nie, maar Margo het belowe daar is actual foto’s dat hy al in die swembad was sonder sy swem vlerkies. Jean het nie op hom laat wag nie en het elke dag in die warm Karoo afgekoel in die water.

4de Januarie was ons terug by die huis en uitgevreet aan vleis (kan nie glo ek sal dit ooit sê nie, maar damn mens kan net soveel keer braai…haha).

Al wat nou op ons wag is om 2013 met alles wat ons het aan te pak.

Kliek hier vir meer foto’s oor die trippie.

Leave a comment