Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Bou & trek bly ’n k@k ondervinding

Na ’n interessante avontuur is ons uiteindelik in ons nuwe (glad nie ’n nuwe huis nie, inteendeel dit dateer van 1846 af) woning in Wellington.

Paar belangrike goedjies geleer uit hierdie avontuur, maar een van die key punte is dat jy kan beplan nes jy wil, maar op die ou einde van die dag is dat kontrakteurs hulle eie timeframe het en wat jy ook al beplan het, kan jy op jou maag neerskryf.

Ek moet wel bieg dat dit nie almal is nie, en inteendeel dat Thys en sy span van Thys Swart Kontrakteurs wat ons kombuiskaste gedoen het vroeg voor die beplande deadline klaar was. Hulle professionele vakmanskap het my ook regtig impressed en kan hulle definitief aanbeveel.

Die bou gedeelte was heeltemal ’n ander storie en seker die mees belangrikste key punt wat ek geleer het, al het mense my gewaarsku, is nie om vir vriende vir gunste te vra nie…eish, gelukkig is dit die einde en sal ek nie weer daai fout maak nie.

Ons is darem nou so 98% ingetrek en daar staan nog net so paar losgoed in die garage.

Beide die buitegeboue en tuin kort nog baie werk, maar ons lysie is opgetrek en ons sal een vir een alles af tick. 2011 gaan ’n groot jaar vir ons wees.

My soektog vir ’n local (Wellington) bouer het klaar begin en ek sien klaar vanaand die 1st ene.

Het ’n set op my Flickr kanaal geskep en sal dit update met before en after foto’s soos ons deur ons lysie gaan. Kliek hier.

Leave a comment