5 September sal nooit weer dieselfde in ons huishouding wees nie – dit is die dag wat ons, ons klein bondel liefde Jean Henry Jonker gedoop is te NG Kerk Helderberg, Somerset West.
As kind het ek altyd opgesien na ’n erediens as daar ’n doop was, want dit sou die diens met so +/- 15min verleng het en vir ’n kind is dit ’n leeftyd. Hoe ouer ek geword het hoë meer het ek die betekenis van die doop geleer, maar die dag wanneer jy jou kind doop dan verander die hele prentjie.
Saterdag moes die huis eers reg kom vir die odd 50+ vriende & familie wat na die diens vir ’n sit down ete kom…’n sit down ete vra jy jouself…jup, jy ken seker nog nie my vrou nie…
Sondagoggend 05h30 en Jean het laat weet hy is wakker en dat hy die dag aan die gang wil kry…
09h15 en die res van die familie word by die kerk gekry. M gaan gee Jean af by Rene in die babakamer en dan neem ons ons sitplekke.
Ds. Danie O’Kennedy het die informele diens gelei en die doop van die 6 kinders was eerste op die lys.
Naas die dag wat jou kind gebore is, is sy doop seker die 2de spesiaalste ding. Dit is die dag wat jy hom aan sy Skepper bekendstel en ook ’n belofte aan God maak dat jy hom sal grootmaak soos uiteengesit in sy Woord (Bybel).
Na die diens was dit reguit terug huis toe waar van die vriende & familie alreeds gewag het. Wel Marli se beplande 50 gaste het uitgedraai na 60+…sjoef, het die huis lanklaas so vol gesien. Alhoewel daar nie genoeg sitplek vir almal was nie het M en haar ma seker gemaak daar is MEER as genoeg kos vir ’n klein dorpie…
5 September 2010 is ’n dag wat ek nie gou sal vergeet nie. Om so baie van ons vriende & familie daar te gehad het, het dit net meer spesiaal gemaak….
Jean my seun, jy is nou amptelik ’n kind van die Here en Hy sal Sy bewakende hand oor jou plaas. Jy was so soek en pa en ma is so trots op jou. Jy het jou ouma’s en oupa’s naby aan trane gehad my seun.
BAIE DANKIE vir almal wat die dag met ons gedeel het – ons waardeer dit baie.
Die twee name wat ek moet uitsonder is Marisa vir al die mooi foto’s en Adel vir die oulike koek + klein J koekies. Julle girls is sterre!