Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Veldblom skou

Ek dink hoe meer ek in die Swartland omgewing kuier, hoe meer hou ek van die plek. Ek en ou Colin het weereens die langpad aangepak en gemik vir Malmesbury. Ons het IEWERS gehoor dit was hulle skou hierdie naweek en Willeklong was nog nie vantevore daar nie. Yeah right. Hier kom ons twee stoutgatte daar aan met skougees wat enige leeu op sy moer sal gee en toe hoor ons die skou is eers oor twee naweke. Bliksem!

Wat de donder doen ons nou?! Nee wat, toe ons by hierdie jong dametjie hoor dat dit wel Darling se skou is die naweek is ons by Malmesbury weg nog voor jy kon sê mes. Die oorlog was nog nie verby nie, en die klein hiccup wat ons gekry het, was ook gou vergeet.

Vir dié van julle wat nie weet nie: Darling is so 30km net anderkant Malmesbury. Ons het nie eitlik geworry dat dit nou n blommeskou was nie, want ons was daar vir die groot party – of so het ons gedog. Daar aangekom hoor ons dat daar NIE n party gaan wees nie en dat alle verrigtinge 17h00 gaan klaar wees. Dankie tog vir die biertent wat darem die trane so bietjie opgedroog het. Rustige ou plekkie, maar woes Engels. Kon dit nie glo dat daar so baie Engelse mense op n klein dorpie soos daai is nie. Het n paar van die locals ontmoet en wil net vir ou Floos dankie sê vir sy aanbod vir die kampplek agter by sy huis. Het ook vir ou Greg Rix weer raakgeloop. Ons ken die ou van nêrens nie, maar het hom nou al by 3 feeste raakgeloop. Die wêreld is darem moer klein.

Het besluit om die WP game sommer daar te kyk, want, al is daar nou nie n moerse party vanaand hier nie, is hulle voggies wel lekker goedkoop. Die game was net klaar, toe skakel een van ons pals (Yolandi) ons. Sy kuier in Porterville, maar wil graag saam met ons kom kuier. Die probleem is dat sy nie vervoer het nie. Dit is mos nou geen probleem nie. Ons sal jou gou vinnig kom optel. En daar gaan ons – terug Malmesbury toe, dan deur Moorreesburg, by Piketberg draai jy regs en 30km later is ons in Porterville. Nadat ons haar gekry het, is dit sommer gou weer terug Moorreesburg toe, want een van haar tjommies (Shilly) is daar en hy wil n paar biere saam met ons drink. Het toe daar vasgeval in n plekkie met die naam Guttos. Relatief klein, maar nice mense wat daar uitgehang.

Ek onthou nie baie van Guttos nie, maar ek weet ons was n hele rukkie daar. Toe ek my weer kon kry, toe is ons weer in die kar en oppad Langebaan toe. Bliksem, maar ons het getravel, noudat ek daaraan dink. Ons het die Swartland platgery. Flamingos het gerock – of ék dink so. Die voggies het my so bietjie seer en moeg begin maak teen daai tyd. O ja, Yolandi het ook haar Willeklong T-shirt gekry, en ek moet sê, sy het dit op die regte manier gekry. (Jammerte ek kan nie daai foto opsit nie…) Maar boys, sy was groot game. Welkom, dame, en ek hoop jy kuier nog lank saam met die Willeklonge!

Die res van die aand was n rowwe party, maar ons het dit darem veilig teruggemaak tot in die Kaap. En dit alles om n skou by te woon wat toe nie eers aan was nie. Shit, maar ek is mal oor hierdie land – en die mense saam met dit.

Leave a comment