Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Moorreesburg skou

Saterdagmiddag, net so duskant middagete, besluit ek en ou stoutgat Colin mos: hoekom vat ons nie maar die platteland aan nie. Nadat ons uitgevind het dat Moorreesburg se Swartland Skou aan is, het ons die lang pad gevat. Dit was net die twee van ons, want meeste van die ouens was by parties en ander was besig met admin (girls) goedjies.

Dié keer het ons met so regte ou feeswa gegaan. Hy is gedoop “Bliksem” en julle sal hom nou op al ons trippies begin sien. Dit was so n rooi 2.5l 4×4 Isuzu bakkie. Ou Bliksem het dalk nie baie spoed nie, maar die ding is so hard soos n trok. Mense, hierdie was my grootste skou wat ek al bygewoon het. Groot in die sin van die goed wat vertoon was. Nee, ek praat nou nie van girls nie, Ron. Hier was trekkers en stropers wat n plaas se geld kos. Moet my nou nie verkeerd verstaan nie. Ek mag dalk n stadsjapie wees, maar van my familie is ook boere so ek ken darem my pad rondom n plaas. Dit is net dat die goed hier moer groter was as wat ek aan gewoond is.

Dit het ons nie lank gevat nie en ons het gou pêlle gemaak met die belangrikste manne op die skou. Jup, ons verantwoordelike kroegmanne. Ou Jaco (n polisieman) en sy skoonpa (eks polisieman) het mooi na ons gekyk en as my glasie melk so amper klaar is, dan staan die volgende 2% lae vet enetjie reg vir my. Boys, julle moet versigtig wees vir daai 2% lae vet enetjie. Hy het my koppie woes losgeskop.

O ja, en dan n groot dankie aan Yolandi Steenkamp wat my so bietjie meer geleer het van skouperde. Die arme girl het seker woes gestres. Julle sien, ons het haar ontmoet by die Piketberg skou, en as julle nou mooi kan onthou is daar n fototjie van haar op ons Piketberg skou artikel. Soos altyd was daar n plattelandse dans, en dit het my net weer gefasineer om te sien hoe lekker hierdie mense kan kuier. Almal ken vir almal en nuwelinge word glad nie kak uitgekyk nie.

Toe die skou nou uiteindelik klaar is in die vroeer oggendure, toe besef ek en Colin dat ons nie slaapplek het nie. Wat nou? Ons het ou Inus in Piketberg geskakel en vinnig was daar n warm bed vir ons gereël. Maar dit was nie net vir bed toe gaan nie. Nee wat, die manne het so bietjie vasgevat daar in n local plekkie (Shooters) en ek dink daai warm bed het my toe eers 05h00 die oggend gesien.

Sondag oppad terug het ons gou gestop by Tilana en Yolandi vir koffie, wat toe uitgedraai het op n bottel vonkelwyn. Aaai mense. Nice girls, en ons sal hulle definitief op die volgende fees/skou weer sien.

Ek het weereens met die pad huis toe gesukkel, want ou stoutgat Colin verander mos in n professor as hy die lang pad vat, so daar is nie van slaap nie, want die bliksem hou net nie op met praat nie.

Mense, dit is n lekker skou, en Willeklong sal definitief volgende jaar weer daar wees. Hoop om julle daar te sien…

Leave a comment