
Dit voel soos ʼn leeftyd wat ek laas ʼn hike aangepak het. Amper op my rug geval toe ek nou kyk in die argiewe dat die laaste een (Bloupunt & Cogmanskloof) in Junie 2012 was. Sal definitief plan moet maak en meer gereeld in die veld moet kom.
Na so ʼn lang afwesigheid kan ek darem uiteindelik nog ʼn hike op die kerfstok sit. Hierdie een moet seker een van die gewildstes en mooistes wees in Suid Afrika.
Vrydagoggend, 13 Maart begin 6 van ons (Marina, Paul, Ruan, Ricky, Marli & ek) die Otter hike by die Tsitsikamma Nasionale Park. Die gees loop hoog en daar was al maande gewag om hierdie bekende roete aan te pak. Hoe moeilik is die roete nou werklik? Het ek genoeg geoefen? Is my sak nie dalk te swaar nie?…is paar ʼn paar vrae wat deur jou kop skiet soos ons dieper en dieper in die bos verdwyn.
Dit was nie lank nie of die humiditeit in die bos het ons laat sweet soos iemand wat nou net ʼn halfmaraton gedoen het.
Die eerste dag is die korste een van die 5 dae en na 4.8km (+/-2 ure) het ons by die Ngubu hutte aangekom. Stap skoene is verruil vir lekker sagte plakkies en al die nat (van die sweet) kleure het die hut vol gehang.
Die res van die dag was om die vuur geniet saam met die ander hikers wat ook die roete gedoen het. Toe die son sy laaste strale kom haal het, het almal die slaapsakke nader getrek.
Dag twee en drie is beide +/-7.7km (+/-4 ure) lank en gaan definitief daai bene toets. Die roete kronkel al langs die kuslyn. Op party plekke doen jy “bolder hopping” en dan is dit weer terug die bos in met tonne trappe op en dan weer af. Die views is ongelooflik en elke keer as daar gestop word om die bene te rus kan jy jou verstaar aan die omgewing.
Beide die Scott & Oakhurst hutte is op die see geleë en wat is nou lekkerder om die skoene uit te skop en op jou gat te sit en die see dop te hou.
Dag vier (Oakhurst na Andre hut) is die langste dag van die roete (13.8km : +/- 6km) en dit is ook die dag wat die bekende Bloukrans Rivier gekruis moet word.
Die trick van hierdie dag is om die Bloukrans rivier op laagwater te kruis anders gaan jy hard moet swem as jy dit wil doen tydens hoogwater. Volgens die info wat ons gehad het sou ons kans gehad het tot 10am die oggend – laagwater sou teen 7am wees. Enige tyd na 10am dan moet jy reg wees vir “swem Jannie”.
Met die dat dit ʼn 10km afstand was van Oakhurst se hut het ons besluit om 4h30 die oggend te begin stap. Groot gedeeltes van dag vier se roete is eenvoudig en hier en daar is daar areas waar jy moet kop hou. Die oggend se misreën het ook nie dinge regtig makliker gemaak nie. Teen 8h15 was ons by die rivier mond gewees.
Kleure, skoene en rugsakke was in die rooi sakke (useless bleddy goed) gefoeter en almal was in die water. Op party plekke moes die wat effe korter as die ander was (Ruan haha) swem so hoog het die water al begin styg. Veilig op die anderkant het ons besef hoe useless daai rooi K-Way survival sakke was. Net Paul/Marina se goed was droog gewees. Verder het almal se sakke water gekry.
Die laaste 3.8km na Andre se hut is nie kinderspeletjies nie en weereens word die bene hard getoets met al die bulte.
Uiteindelik by Andre se hut gekom was almal se gatte lekker lam. Dit was ʼn lang dag op die voete en my Solomons van 9 jaar was nie mooi met my voete nie. Tone en haak was moer toe en ook die oggend se val het ook nie gehelp nie.
Res van die middag het almal so min as moontlik probeer doen. Die einde was in sig gewees en almal kon al die koue bier & hamburger proe aan die einde. Net voor skemer het die weer erger geraak en die reën het lekker sterk afgekom.
Dag vyf en almal, alhoewel styf en dalk hier en daar seer, was in goeie gees en almal het geweet aan die einde van die 6.8km is daar ʼn lekker warm shower wat vir ons wag.
Maar soos die ander dae het hy ook sy uitdagings en die dag sin het sommer met ʼn lekker stywe zig-zag klim begin om tot bo die plato te kom. Van daar is dit ʼn mooi oop roete (6.8km) tot jy die strand by Nature’s Valley sien.
Op die strand word daar blad geskud en almal weet dit is nog so km of 2 tot by die kampterrein waar die voertuie + warm shower wag.
Ongelooflik mooi roete en ervaring gewees saam met great vriende.
@Marina – baie dankie vir AL jou moeite met die reëlings. Jy is ʼn ster!
Kliek hier vir meer foto’s.
Groot plesier Henry, ek het dit baie geniet en dankie dat julle deel was van dit!
Jy het belangrike info uitgelaat, soos bv die ekstra gewig van Riekie en die survive in die Hutte met Paul se poepe!
Was fun times, ek reel weer vir ons 1!
Hoe kan mens dit nou vergeet.
@Ricky – baie dankie dat jy daai baksteen + my en Paul se bottels gedra het op dag 1….hahaha
Klink na ‘n great tyd! Hou ons in gedagte vir ‘n volgende een!
Sal so maak Nicus
Dit was n ongelooflike ervaring saam met awesome pelle! Ek hoop ons kan gou weer so maak.