Die Weskus het ʼn bekoring van sy eie, begin ek al hoe meer agterkom. Hierdie dorre landskap met sy vars seelug en vriendelike Weskus mense, is maar net anders as die Ooskus se groen landskap en soms “ons-weet-van-beter” mense. Alhoewel die Karoo en woestyn, met al daai niks en groot vlaktes vol klip, my gunsteling wegbreek plekke is om kop skoon te maak, moet ek bieg ek begin my kuiers & avonture langs die Weskus meer en meer geniet. Ek dink ook ʼn groot aspek van enige avontuur/naweek wegbreek is die…