Moeilik om te dink ons is al in die 2de maand van 2019 en dit is +/- 3 maande wat ons familie laas gekamp het #SiesMan. Die jaar gaan een spesifieke avontuur alles wat ons ook al aanpak oorheers. ʼn Bucket list item wat ek met alle mag wil af tick – duine ry van Luderitz tot Walvisbaai in Namibia. Ons is 4 gesinne wat vir 3 weke gaan toer, so die opwinding vir die trippie lê al vlak. Ter voorbereiding word daar besluit om die voertuie se tone in die…