Vrydagmiddag so net na 3pm druk ons die 80 Series se neus by die hekke uit. Ek wou al vroeër in die pad gekom het, maar die kinders se skedules het, soos altyd, daai idee kortgeknip. Nietemin, die opwinding in die voertuig is hoog en dit neem die seuns enkele minute om die padkos, wat ek sorgsaam voorberei het, te verslind. Jean maak ʼn opmerking en dit gooi die deure oop vir ʼn lang gesprek. “Jissie, voel of ons weer Namibië toe moet gaan. Wanneer doen ons die Angola trip pa?”…