Snaaks hoe die lewe mense oor jou pad bring. Paar jaar gelede (dit voel al soos ‘n leeftyd) stop ‘n dametjie my terwyl ek Lian by sy kleuterskooltjie aflaai en vra my hoe dit gaan. Met die dat my geheue korter as ‘n vuurhoutjie is, weet ek natuurlik glad nie met wie ek praat nie. Sy sien die verwarring op my gesig en hoe die arme klein muis (my verstand) sukkel om op die wieletjie te bly. “Henry, jy onthou my seker nie meer nie, maar jy & jou twee vriende…