Met die Laas gesin sterk oppad terug Klein Nungubais toe, druk ons die Cruiser se neus in ʼn Suidelike rigting op die B8. +/- 1km voor die Ngoma grenspos kry ons die afdraai na Chobe River Camp wat ons tuiste gaan wees vir die volgende 2 dae. Die 4km na die kamp is ʼn grondpad en soos meeste van die kampe waar ons reeds gekamp het, was dit plek-plek onder water. Die GROOT verskil was dat hierdie daai swart kleigrond was, en toe ons deur die eerste gat water gaan, sê…