Bietjie meer as nege jaar gelede het ek en die langman van Franschhoek, Lourens Hugo, ons eerste reis al langs die Weskus se kuslyn aangepak. Min het ons geweet dit sou net die punt van die ysberg wees – daarna sou daar nog vele toere, kampe, jagte, visvang en onvergeetlike avonture volg. In 2021 het ons na Khutse, Botswana, gereis, en wat ‘n belewenis was dit nie! Nou, vyf jaar later, is die jongspan ouer en lus vir nóg ‘n avontuur. Neem eers ‘n paar minute om hierdie reeks artikels te…
Nossob
Hierdie was een van daai vakansies wat “long overdue” was. Met Lian wat nog net te klein was vir ʼn lang toer verlede jaar was beide ek en Marli lus om hierdie jaar die seuns op ʼn onvergeetlike avontuur te neem. Terselfde tyd was dit NB dat Marli buite selfoon sein kom, want anders gaan sy nie 100% kan onspan nie en sal altyd doenig wees met werk aksies. Van my kant was dit eenvoudig – hoe meer remote & eenvoudig die bestemming was hoe beter. Sondagoggend, 24 Julie, en ʼn…

