Met die dat ek uiteindelik my eie geweer (.270 Ruger) bekom het, was die skrif op die muur dat daar gejag gaan word die jaar. Paul het ook sy hande op ʼn 1942 .303 Lee Enfield gekry en die was self lus om bietjie lood te gooi. Paul se neef, Dirk van Rooyen, boer saam met sy pa, oom Andre, tussen Calvinia & Williston op die plaas Mullersvlei. Die noem vir Paul dat daar is ʼn geleentheid is om Kudo’s te kom jag en dat ons dit sommer ʼn familie naweek…