Dis Vrydagmiddag en skoolsakke word net neergegooi en dan druk ons die Cruiser se neus by die hek uit. Ons manne is genooi om saam met Jurgens Schoeman en ʼn paar vriende van Live The Journey te gaan kuier in die “Jewel of the Cederberg”, Wupperthal. Wupperthal is ʼn klein sendingdorpie in die Cederberge wat bekend is vir sy afgesonderde ligging, unieke kultuur en rol as die tuiste van Rooibostee. Die dorpie is bereikbaar via ‘n grondpad vanaf Clanwilliam, wat aan die einde van die Kouebergpas geleë is, of van Ceres…

