Groenrivier Mond

Weskus

30 Mar: Sand, see & zinkplaat deur Namaqua National Park

Die Weskus het maar net sy eie bekoring en daar is min goed wat lekkerder is as om langs die see wakker te word in ʼn tent. Ons avontuur begin Donderdagmiddag direk na skool en skaars trek die groot yster sy neus deur die hek en die VHF radio begin lewe kry met die groot seun, Jacques Groenewald, se stem oor die lug. Vir my is daar min goed lekkerder as wanneer ek Wellington uit ry en ek weet dit is die oop pad voor ons – die country musiek loop…

Weskus

31 Mar: Weskus Kuslyn 4×4 Toer

Saterdag, 19 November 2016, kom 5 van ons bymekaar om 1) ʼn paar koues saam te geniet, en 2) meer belangrik om ʼn datum te finaliseer vir ons Weskus kuslyn 4×4 toer. Definitief nie ons moeders se mooiste kinders nie, maar almal het wel dieselfde lus vir ʼn groot avontuur na die vreemde en dus is beplanning nie van kardinale belang nie, want beplanning vorm hoe ʼn trip moet beloop en dit is die laaste van ons behoeftes. Ons weet waar ons wil begin en waar en wanneer ons tuis moet…