Ons reis verder op ons Noord-Kaap & Botswana toer. As jy die eerste gedeelte van ons toer gemis het, lees gerus Verneukpan wind & Putsonderwater se eensaamheid. Van Witsand Kalahari Natuurreservaat volg ons die grond pad tot ons aansluit by die N14 en dan is dit reguit Vryburg toe waar ons COVID toetse moet laat doen. COVID toetse is glad nie ʼn hoogtepunt vir enige kind nie, maar ek moet sê die 3 jong manne was “champs” en dinge het seepglad verloop by Vryburg Pathcare. Ons volg die N18 tot by…