ʼn Kort wegbreek naweek waarna my pa baie uit gesien het (en die rede hoe ek dit weet is dat hy my suster amper mal gemaak het ʼn week voor sy afsterwe) was die Agri Mega Week by Bredasdorp.
Om eerlik te wees ek dink my arme ma het bollemakiesie geslaan toe sy hoor my pa wou haar na ʼn landbouskou toe neem haha. Maar soos my moeder maar is het sy in gestem, seker net om my pa stil te hou vir ʼn kort rukkie.
Maar die Liewe Vader het ander planne gehad en wou ons pa vroeër by Hom hê. Met die dat die naweek ten volle betaal is en dit ʼn gulde geleentheid is om weer as familie saam te wees het ons besluit om voort te gaan met die wegbreek.
Ek love alles rakende ʼn landbouskou en met die dat die Agri Mega Week glo die tweede grootste in die land is, naas Nampo, het ek groot verwagtinge gehad.
Met die dat Marli in seisoen tyd is kon ons net wegbreek vir die naweek, dus was ons net die Saterdag (wat ook die laaste dag van die skou was) by die skou. Die skou het die vorige dag (Vrydag) glo hard onder die swak weer (reën) deur geloop, maar die skerp knape by die weerstasie het darem geen reën vir die Saterdag voorspel nie.
Met die intrap was die seuns in die hemel gewees. Was op seker elke moontlike trekker en implement gewees. Om van stalletjie na stalletjie te beweeg het was ʼn uitdaging op sy eie – want as jy een van die 3 seuns (Jean, Lian en nefie Stiaan) af kry, dan wil die ander 2 nog langer sit/speel.
Ek het die voorreg al gehad om verskeie landbouskoue te kon besoek het en ek weet nie dalk of my verwagtinge net te veel was nie, maar die Mega Week het regtig nie daai WOW effek op my gehad nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie – die week is nie vir stadsjapies soos ek nie, en is gemik op die boer waar hy goeie winskopies kan kry op implemente en ander landbou toerusting, maar dit gesê het ek regtig gedink fabrikate sal uit kom en die lewendige k@k uit jou WOW met kookwater stalletjies.
Soos ek se dalk was my verwagtinge net te hoog. Dalk is dit tyd dat ek die trippie Noorde aanpak en die groot seun van skoue, Nampo, gaan besoek. Dalk is 2017 tyd dat ek die verskonings op sy stoot en paar khaki manne saam trek en die pad Bothaville toe aanpak.
Dit alles gesê was dit nogsteeds lekker om die tyd saam met die familie te kon spandeer het. My pa het seker lekker gelag van daar Bo toe hy my ma by ʼn landbouskou gesien het haha.
Weereens baie dankie vir al die reëlings sus. Ons maak sommer gou weer so.
Kliek hier vir meer foto’s.