Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Rugbyklinkgoed dag in Pretoria

Dit is Vrydag en die naweek skreeu dat dit aangeval moet word. Wag nou al twee maande vir hierdie einste naweek, want dit is Willeklong (Vicky, Eugene, Paul & ek) en Rugbyklinkgoed in Pretoria. Pretoria diè plek van Afrikaans, die Voortrekker monument, mooi girls en natuurlik die Blou Bule. Ons is reg vir alles wat sy ons kant toe gaan gooi…of so het ons gedink.

Vrydagaand 20h00 slaan daai Kalula sy gat neer op Johannesburg Internasionale Lughawe en ons is reg vir paniek saai. Ma en pa het ons mooi aangetrek met die nuwe Willeklong golf hempies en mens sou glo ons is een of ander wêreld klas rugby span. Shit, noudat ek dink aan Paramalat se maag gaan geen normale individu ons kan koppel met sport nie.

Imperial was dapper genoeg om ‘n bewegende stukkie blik (Golf) aan ons af te staan en daar gaan ons Pretoorsdorp toe. Met 1minuut se beskrywing, vlieg ons deur die traffic en met genade van êrens kry ons wraggies Sin Bin waar die manne saam getrek het. Die plekkie is net so langs Securicor Loftus geleë en jy kan jouself sommer indink dat hierdie plek nag is as hier groot rugby gespeel word. ‘n Girltjie mooier as my Batman onderbroek (dit is ‘n moerse sexy onderbroek) het ons elk ‘n knertsie in die hand gedruk sommer so teen my wil…yeah right. (Plaas dat sy haarself teen my kom druk het. Kom ons los dit liewers daar.)

Mense, die van julle wat nog nie by Sin Bin was nie, moet wraggies ‘n draai daar gaan maak. Met braaigeriewe reg rondom die plek en met ‘n swemband in die middel maak dit die ideale plek vir groot samesyn. Na so ‘n paar knertsies saam met Heinrich en van die spellers, het klein Jan en Ferdinand Rabe aanbeveel dat ons Boston Teaparty moet besoek wat in Menlyn is. Loop sommer vir Wickus van der Merwe met die intrap raak en net daar kry ek so ‘n feeling in my gut dat ons nie vroeg huis toe gaan vanaand nie.

Voggies was duur en ons moes maar sny op die polisiekoffie. Nee hel so kan dit nie aangaan nie, en ons is daar weg na die volgende speelpark. Mense-mense-mense…laat ek gou eers weer asem haal. Daar stap ons ‘n speelpark in, Rapsody en ek sweer as weerlig my moes getref het sou ek gelukkig dood gegaan het. Voggies was hier nog duurder, maar die goedjies vir die oë was tog te lekker. Ons moet hier weg kom, want die plek gaan ons wraggies breek met al die oulike Pretoria girls daar.

Van daar is dit Hatfield toe vir n vinnige laaste knertsie en toe begin die soektog na ons hotel in Pretoria. Met genade en pals wat huil van paniek het ons darem die hotel gekry. Met sente wat ons liewers op voggies wou uit gee het ons maar geskiet vir ‘n dubbel kamer (2 dubbel beddens) Ja ma, ek het ‘n bed saam met my pal gedeel en ek sal altyd nagmerries daaroor kry. Die goed wat mens nie sal doen vir die groter doel nie….nee hel dit kan nie so aangaan nie.

Saterdagoggend en die WAAROM vrae skiet weereens deur my kop. HOEKOM? WAAROM? Almal lyk sleg en na ‘n paar helse shower sessies is ons weer reg vir Loftus en Rugbyklinkgoed. Ou uncle Heinrich het vir ons “All areas” kaartjies gereël en ons was reg om dit uit te toets. Was so effe vroeg vir die event en ons het maar besluit dat een of 12 knertsies by Sin Bin mos nie gaan seer maak nie. Klippies & Cola en reguit gras toe. Gat het nog nie eers behoorlik die gras plat gesit nie en nog ‘n ou Stellenbosch brak, Hannes, maak sy verskyning. Klippies & Cola het woes hulle gatte begin sien en daar moes wiele aangedraai word, want dit is nou eers 12h00 en die ouens wil sommer klaar hard en groot gaan.

Loftus jou mooi ding! Magtig maar dit is darem een mooi stadion vir jou. Die gatte het gejuk om die “All Area” kaartjies tot die proef te stel. Reguit veld toe en toe oom geel security wag ons stop, skiet die kaartjies uit die sak. Die seun loer en loer en loer en na seker 10 loere maak hy die hek vir ons oop en daar gaan ons Loftus se tonnel in. Groot reuse het al hier uit gedraf en hier stap ons knape asof ons Loftus besit. Bliksem maar dit is darem ‘n lekker feeling. ‘n Laaitie en sy pals hang oor die skouer van die tonnel en staar ons aan soos ons die tonnel in verdwyn. Moes seker gedink he tons is een of ander kunsternaar of Blou Bule. Deur die glas deure vat ons die lift na die derde vloer en siedaar, hier stap ons die Presidentiële losie binne. Die plek is gepak met bekende kunstenaars en ou Springbok helde. Die manne het in gelê op die voggies wat verniet was en daar was vinnig gemingel met die crowd.

Loop mos toe so ‘n klein blonde bom, Christeen, daar raak. Hierdie 4de jaar regs student en haar maters gaan die heeldag in hulle bikinis rampokker in die borrelbad wat langs die veld staan. Uhmmm…dit kan mos net interresant word. Stadig maar seker het die losie leeg geword soos die spelers kleedkamer toe is om reg te maak vir die game en net so voor 15h00 storm die Rugbyklinkgoed span in wit truie met Ferdinant Rabie as leier Loftus se tonnel uit met die skare wat mal raak. Kort op hulle hake was hulle gevolg deur die Blou Bul Legendes in blou truie met Adriaan Rugter aan die punt. Van die spelers was so groot soos bv ou klien Jan dat sy trui sommer die nommer 4 ½ op gehad het!

Terwyl Danie Niehuas en Juanita du Plessis met die Stem besig was skiet Nationwide se Boeing oor die stadion. Mens kon net nie die hoendervleis weg hou nie. Dit is mos wêreldbeker herrineringe hierdie. Die spelers het hulle posisies in geneem en daar gaan daai gillende fluitjie. Nou, ek is nie ‘n groot rugby kommentator nie en sal seker ook nooit een wees nie, maar mense het ek darem nou nie vir jou gelag nie. Nes enige groot internasionale wedstryd, wou die manne ysters rol en die ou Blou Bul legendes het sommer gou-gou gewys daar moet nie sommer getik word nie en het vir Thys die Bosveldklong en Wickus van der Merve in die borrelbad vol girls gegooi. Dit was chaos en die skare het dit gelove. Lekker Suid Afrikaanse pret. Van die manne het sommer van die woord go houe gevat en daar was nie terug gehou op die tackles nie. Hierdie kan dalk ‘n fun game wees, maar kontak was daar wel. Arno het sommer gou gou gewys hoekom hy OP Craywen week rugby gespeel het en het ‘n paar netjies gaps deur die Blou Bul legendes se agterlyn gevat.

Die groot seun van die BLou Bule, Adriaan Rugter, het gespeel asof hy net nou die dag nog internasionaal gespeel het. Die vorige aand se samesyn het stadig maar seker sy tol begin vat of van die manne. Net so na half tyd besluit die Rugbyklinkgoed span genoeg is genoeg. Hulle het alles nou al probeer van vuil spel tot ‘n poging om die ref om te koop. Nee hel dit kan nie so aangaan nie. Juanita is gou gou ingeroep en met haar vinnige stappies het sy die Blou Bul Legendes aan die raai gehou.

Met ‘n ref wat ook soms die gap gevat het en Juanita wat die drie van die dag gedruk het, het die eindfluitjie geblaas. Die Blou Bul Legendes het wel die game gewen, maar Juanita het met die speler van die wedstryd weg geloop.

Terug in die Presidentiële losie en die manne het weer hard voggies begin vat. Die game mag dalk klaar wees, maar nou is dit die kunstenaars se beurt om die skare te wys wat hulle werklikwaar kan doen en dit het hulle presies gedoen. Met Wickus van die Merve wat die show begin het, het dit net groter en groter geraak. Arno en Pieter Koen het al die girls aan die gil gehad en ek het skielik gewens ek was ook ‘n damn kunstenaar …whahahah…yeah right.

Dit was n lang, vol dag en mens kan net soveel in neem. Teen 21h00 het ons Heinrich se hand geskud en die pad gevat. Maggies watse dag was dit nie – van bekende kunstenaars, ou Springbokke, stunning venue, daai goed wat hulle pals noem, Pretoria se mooi girls en natuurlik die rugby game wat amper my maag spiere gebreek het soos ek gelag het. Genoeg is genoeg en ek kort net ‘n bed.

Maar neeeeeeee daar kan mos nie nou AL geslaap word nie. Pretoria is koud en hier loop ons met kort broeke rond soos dapper plaas seuns. Die mooi girls is huis toe en ek sit hier met 3 brakke (vriende). Hoor so ‘n klein stemmetjie van Sin Bin wat roep dat ons ‘n laaste knersie daar moet kom drink. Nes Willeklonge, skop Eugene en Vicky sommer gou-gou in ‘n ander rat en die klein glasies maak hulle verskyning. Moet ek begin bid of kan dit dalk help as ek my ma nou bel? Gee my net krag om hierdie dag deur te maak wanneer ookal dit mag klaar wees.

Was gelukkig net so uur daar gewees en toe is dit Backpackers toe vir ons laaste aand. Die Sondagoggend gou vinnig by Vicky se oom-hulle verby geskiet vir een helse groot breakfast en toe is die terug na die plek waar die groot yster voëls woon. 1Time het ons huis toe gesleep en met die weer wat die Kaap beleef het was ons approach nou nie te lekker nie. Met al my ondervinding in die lugmag het ek al geleer dat hierdie ysterseuns die houe van die natuur kan vat en as iets ooit verkeerd sou gaan, sal ons gelukkig nooit daarvan weet nie…hehehe. Eugene het in ‘n breakdance beweging in gegaan vir elke air pocket wat ons getref het en Vicky se onderbroek het ‘n gat begin kou aan sy sitplek. Funny hoe pals vir mekaar kan lag as jy die vrees in die ander een se moeë oë kan sien….gelukkig het hulle darem nie gegil nie….whahaha.

‘n Groot dankie moet uit gaan aan Heinrich en sy span van Rugbyklinkgoed wat hierdie geleentheid vir ons moontlik gemaak het. Dit en die mooi girls van Pretoria was stunning gewees.

Oe oe – as julle die game op die TV sien loer so bietjie na die spelers se broeke en jy sal die Willeklong logo (WK) agter op sien!

Leave a comment