Vat die tyd en vra jou vriende of hulle al gehoor het van die kleurvolle gemeenskap, Wupperthal, in die Cederberge… Soos per ons besoek vroeër hierdie jaar, het ek ʼn gedeelte van die area en gemeenskap ontdek wat ek dink die man op die straat nie van bewus is nie. Met my volgende besoek het ek die Cruiser verruil vir ʼn paar stapskoene. Ek en 19 ander stappers pak die Wupperthal66 aan wat ʼn vierdaagse, “slack pack” staptog is wat oor ongeveer 66 kilometer in die pragtige Sederberge strek. Ons stap…

