Waterval

Weskus(7)_02

18 Oct: Groenrivier lighuis & Waterval se Skuimgat

Ons kuier by Agama Tented Camp het ongelukkig tot ‘n einde gekom (lees gerus meer oor ons kuier hier), en ons het die tweede been van ons vakansie begin. Van Agama beweeg ons terug na Garies, waar die nodige brandstof aangevul word voor ons op die grondpad klim Groenriviermond Lighuis toe. Beide seuns was al vantevore by hierdie bekende lighuis aan die Weskus en dit was ʼn voorreg, diè dat hulle nou bietjie ouer is, om weer daai mooi kusstrook van Suid Afrika vir hulle te wys. Lees gerus meer oor…