Victoria Watervalle

Botswana

02 Jul: Victoria Watervalle, Hunters Road & Makgadikgadi Pans

Ons twee weke lange reis van Hentiesbaai na Kasane was voorwaarlik ʼn belewenis, maar die tyd het nader gestaan dat ek en Jacques die bakkie se neus Suide toe moet draai. Ons vriende van Wellington, Jurgens en Karien Schoeman, het intussen by ons groep aangesluit en hulle gaan vir die volgende twee weke verder saam met ons groep reis deur Zimbabwe. Synde dat dit ons laaste dag by Chobe Safari Lodge is, besluit ons om van die geleentheid gebruik te maak om die tuiste van “the smoke that thunders”, ook bekend…