Na ons twee aande se kuier by Zwartkop Guest Farm, draai ons regs op die R46 na Touwsrivier. Die Matroosberge regs van ons is spierwit onder die sneeu en ons 3 manne lag lekker in die Cruiser want ons weet die volgende paar dae in die veld gaan klippe kou verg. Gecko Rock is so +/- 26km buite Touwsrivier en hierdie sou ons derde besoek aan hulle wees. Ons manne het al die voorreg gehad om by hul Echo Valley kamp asook ʼn “wild” kamp (hulle was vol en het ons…